Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien. (NLV)

1. Paulus spel hier baie prakties uit dat geloof in Christus beteken dat ‘n mens bereid is om vervolging en selfs die dood te trotseer in die fokus op die lewenstaak en bediening wat jy van die Here Jesus gekry het. Is dit hoe jy oor die implikasies van jou geloof dink?

2. Ons lewenstaak en bediening hou, soos vir Paulus, in dat ons die Goeie Nuus verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien. Hoe is jy daarmee besig?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou roeping om die Goeie Nuus van God se liefde aan ander te verkondig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 20 sowel as my bydrae daaroor: Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.