
Dit laat die boodskap van die profete vir ons nog vaster staan. Luister baie mooi na hulle woorde, want dis soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn – totdat Christus verskyn en sy helder lig julle harte verlig. Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie. Geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het. (NLV)
1. Hierdie beskrywing van die Skrif is fundamenteel. Wat staan vir jou uit van Petrus se beskrywing daarvan? Hoe verskil dit van ander kennis wat ons opdoen in die lewe?
2. Net so fundamenteel is die belydenis dat die Skrif die werk van die Heilige Gees is wat mense geïnspireer het om God se woorde te verkondig. Dit vul ons met ontsag en sekerheid. Loof God dat ons die Skrif kan vertrou as sy gawe aan ons.
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die sekerheid van God se openbaring in die Skrif te herinner.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Petrus 1 sowel as my bydrae daaroor: 2 Petrus 1 – Lê julle daarop toe om julle roeping en verkiesing stewig te vestig.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.