Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Vraag 49: Wat is die sakramente?

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

1. Wat is die sakramente?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die doop en nagmaal is tekens wat God se beloftes van goedheid en genade  teenoor my in Christus beseël. Die doop is die eenmalige plegtige bekragtiging van my insluiting in die liggaam van Christus, soos die nagmaal dit is van my voortgaande inblywing in die liggaam van Christus. Die sakramente voed my geloof en hou dit in stand.

3. Lees Efesiërs 1:3-14. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Hoe help Paulus jou in Efesiërs 1 om die sakramente beter te verstaan?

God het ons in Christus geseën met elke geestelike seëning wat daar is

Sakramente is tekens van God se beloftes van goedheid. Dit is God se regmerkie op ons hart. Die doop en die nagmaal beseël aan ons die genade van Christus. Paulus skryf hier oor wat God deur Christus vir ons alles gedoen het. Hy het ons geseën met elke geestelike seëning wat daar is. Ons was vooraf daartoe bestem. Dit was God se doel! God het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Hy het ook vir ons die Heilige Gees gegee. Die Heilige Gees is God se deposito wat waarborg dat ons alles sal kry wat God belowe het!

5. Wat beteken die doop en die nagmaal vir jou?

6. Wat beteken die kinderdoop vir jou?

7. Wat beteken die kindernagmaal vir jou?

8. Hoe help die kindernagmaal vir jou om die kinderdoop te verstaan?


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.