Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen. Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof. Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op. (NLV)

Let op dat in hierdie sleutelteks oor die kerk Paulus klem lê daarop dat die genadegawes aan almal gegee is, omdat alle gelowiges één is.  Sommige gelowiges is selfs gawes – die begin van ons ampsbeskouing – in terme van hulle rolle: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars.  Die eerste 3 kategorieë van gawes was mense wat baie keer gereis het om die evangelie te bring (hoewel sommige evangeliste hulleself ook gevestig het [Hand 21:8]), en die laaste 2 was baie keer meer gevestig in ‘n spesifieke werkkring.

Maar, hulle almal het net een doel, en dit is om die liggaam van gelowiges toe te rus vir die gebruik van hulle gawes, sodat die kerk in sy doel kan slaag, om in alle opsigte te groei na Christus toe.  Soos elkeen sy funksie vervul, bou die liggaam homself op in liefde.

1. Dink terug oor gelowiges wat God gebruik het om jou toe te rus. Loof die Here vir die rol wat hulle gespeel het. 

2. Dink aan die gawes wat God jou gegee het. Hoe is jy besig om daardie rol te speel? Waar wil die Here jou nog gebruik?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou gebruik om sy kerk te bou.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 4 sowel as my bydrae daaroor: Efesiërs 4:1-16 – Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.