
Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo. Almal wat deur die doop met Christus één geword het, se lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. Nou is daar nie langer sprake van Jood of Griek, slaaf of vryman, man of vrou nie; julle is tog almal één in Christus Jesus. Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte! (NLV)
1. Die kern van ons geloof is die Here Jesus Christus. Wie in Hom glo, IS kinders van God. Dit maak jou ‘n erfgenaam van alles wat God belowe. Jou afkoms, status of geslag het daarop geen invloed nie. Hoe laat dit jou voel?
2. Jy het deur geloof met Christus één geword. Die doop is die teken daarvan. Jou lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou lewe heeltemal bepaal word deur Christus. Jy is ‘n erfgenaam van alles wat God belowe.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Galasiërs 3 en my bydrae daaroor: Galasiërs 3:1-4:20 – VRYSPRAAK: dié wat glo, is kinders van Abraham.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.