Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Jesus is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn. Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee mans sê toe: “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!” (NLV)

1. Die dissipels kon Jesus se hemelvaart duidelik ervaar, sodat hulle kon weet dat Hy weg is na God toe. ‘n Wolk was telkens in die Bybel die teken van God se teenwoordigheid. Wat beteken dit vir jou dat Jesus nou by God is?

2. Die engele het die dissipels verseker dat Jesus nét so sou terugkom soos hulle Hom die hemel sien ingaan het. Watter hoop bring dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die werklikheid nie net van die hemelvaart nie, maar ook van die wederkoms.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 1 sowel as my bydrae daaroor: Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.