Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.  Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele sondes, immorele optredes of gierigheid nie. Ook skurwe stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank. Want hiervan kan julle seker wees: niemand wat seksuele sondes en immorele dade doen, en niemand wat gierig lewe – so iemand dien immers ’n afgod – sal ’n erfdeel ontvang in die koninkryk van Christus en van God nie. Moenie om die bos gelei word deur mense wat verskonings soek vir hierdie sondes nie. Die feit is: omdat mense deur sulke dinge aan God ongehoorsaam is, word hulle deur sy straf getref. Dus: moenie saam met hulle aan hierdie dinge deelneem nie. Julle lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle verbondenheid met die Here, is julle inderdaad die ene lig. Leef dan soos mense van die lig. Uit dié lig kom mos alles wat goed en reg en waar is. Vind uit watter dinge die Here tevrede stel en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ontmasker eerder hierdie werke, want mense doen in die geheim dinge wat te skandelik is vir woorde. Maar as die lig daarop skyn, kom alle dinge se ware karakter aan die lig, en alles waarvan die ware karakter aan die lig kom, is self lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap; staan op uit die dood, en Christus sal jou verlig!” (NLV)

1. God roep ons om Jesus se voorbeeld te volg. ‘n Lewe van liefde waarin daar geen sprake kan wees van allerlei sondes nie. Wat vra die Here van jou hiermee?

2. Paulus waarsku ons dat daar talle mense is wat verskonings soek vir hierdie sondes, maar dat God hulle sal straf. Ons mag nooit doen wat God verbied nie. Hoe dink jyself daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die verlossing wat Jesus vir jou gegee het en gee jouself opnuut vir sy heiliging in jou lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 5 sowel as my bydrae daaroor: Efesiërs 4:17-5:20 – Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.