Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

1. Wat beveel God in die eerste drie gebooie (Eks 20:3-7) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Ek moet God met my hele hart liefhê. Ek moet God reg aanbid. Ek moet God se Naam respekteer.Ek moet Hom alleen as die enigste ware en lewende God leer ken, eer en vertrou. Ek mag geen afgod in God se plek duld nie. Ek mag nie sy Naam laster of misbruik nie, maar net met ontsag en eerbied gebruik.

3. Die eerste drie gebooie van die wet fokus op ons liefde vir God. Verbeel jou ‘n wêreld waar alle mense God liefhet, reg aanbid en sy Naam respekteer. Hoe sal dit anders wees as nou? Hoe sal dit ‘n werklikheid word?

4. Lees die verhaal van die agtjarige koning Josia se ontdekking van die wet in 2 Kronieke 34. Wat tref jou van sy reaksie en van die ander mense rondom hom?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Koning Josia was net agt jaar oud toe hy die Here lief gekry het. Hy het die wetboek van Moses in die tempel gekry en begin lees. Hy het besef niemand van hulle doen soos wat daarin geskrywe is nie. Die profetes Gulda het hom gehelp om nie net spyt te wees daaroor nie. Hy het begin doen wat die Here vra. Hy het onderneem dat almal God se opdragte, eise en voorskrifte met hulle hele hart sal gehoorsaam. Gedurende die res van sy lewe het niemand af gewyk van die gebooie van die Here die God van hulle voorouers nie.

6. Verbeel jou dat jy koning Josia is. Maar, in jou eie konteks en situasie. Hoe sou jy te werk gaan om die liefde vir God, die regte aanbidding en respek vir sy Naam te bevorder? Wat verhinder jou om dit inderdaad te begin doen? Waarmee sal jy begin? Hoe kan julle mekaar as geloofsgemeenskap ondersteun?


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.