Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Ek het in die groot vergadering geregtigheid verkondig. Ek was nie bang om reguit te praat nie. Here, U weet dit tog. U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie. (NLV)

1. Psalm 40 is ‘n gebed in nood. Die basis van die Psalmis se gebed is egter sy herinnering aan vorige ervarings van redding waarvan hy in die geloofsgemeenskap getuig het. Het jy soortgelyke getuienisse? Het jy dit vir jouself gehou of nie?

2. Wy jouself toe aan die Here en bring jou behoeftes in gebed voor die Here.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die noodsaak om van God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding in die geloofsgemeenskap te getuig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 40 en my bydrae daaroor. Maak die hele Psalm jou gebed: Psalm 40 – U woord is my hele lewe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.