
Hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword. Die gevolg hiervan is dat net soos die sonde oor almal regeer het en die dood oor hulle gebring het, God se genade nou regeer. Dit laat ons nou as regverdiges voor God staan, en loop uit op die ewige lewe wat ons deur Jesus Christus ons Here sal ontvang. (NLV)
1. Paulus beklemtoon met verwysing na Adam die universele impak van die sonde. Hy beklemtoon terselfdertyd die universele impak van die vryspraak in Christus. Hoe dink jy daaroor?
2. Adam is die oorsprong van die menslike geslag. Christus is die oorsprong van die nuwe menslike geslag. Deur Christus voer die genade nou heerskappy eerder as die dood met die heerlike vooruitsig dat dit tot die ewige lewe lei. Hoe raak dit jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God se genade heerskappy voer in jou lewe. Hy maak jou regverdig en gee jou die ewige lewe.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 5 sowel as my bydrae daaroor:Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.