Die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. Deur die woord van die Here is die hemele geskape; en deur sy woord al die hemelliggame. Hy stel grense vir die see, in die diepwaters versamel Hy hulle. Laat elkeen op die aarde die Here dien. Laat die inwoners van die wêreld ontsag hê vir Hom. Want Hy het gepraat, en dit was daar; Hy het beveel, en dit was so. (NLV)
1. Onderstreep al die eienskappe van God se woord, wese en werke. Dit is regtig omvattend. Dit sluit ‘n boodskap aan alle nasies in. Wat staan vir jou uit?
2. Hoe laat hierdie teks jou anders dink en voel? Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se omvattende voorsiening vir jou.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 33 sowel as my bydrae daaroor: Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou. (Psalm 25 is ‘n bonus. Dit is Psalm 33 se tweeling-Psalm, omdat albei oor vertroue gaan.)
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
