Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Ons wat van geboorte Jode is en nie sondaars uit die nie-Joodse nasies nie, weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof, en nie omdat ons die wet onderhou nie, deur God vrygespreek kan word. Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie! (NLV)

1. Paulus is duidelik daaroor niemand God tevrede kan stel deur die wet na te kom of goeie werke te doen nie. Dit is net deur geloof wat ons vrygespreek word. Hoe laat dit jou voel?

2. Watter rol speel die wet of goeie werke dan in jou lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat God jou vrygespreek het sonder dat jy die wet in alle opsigte onderhou.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Galasiërs 2 lees en my bydrae daaroor: Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.