Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV)

1. Paulus raak skoon liries oor die goeie nuus van die verlossing. Hy wil hê dat almal moet deel in die vreugde en werklikheid daarvan. God spreek ons vry “enkel en alleen deurdat ons glo.” Is dit vir jou ‘n werklikheid? Indien wel, hoe het dit gebeur?

2. Paulus is nie skaam oor hierdie Goeie Nuus nie. Almal moet dit hoor. Dit is vir Jode en nie-Jode. Indien jy nog nie sekerheid het oor jou verlossing nie, wat het jy nog nodig om dié verlossing te omhels? Kontak my as jy hulp nodig het.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy die verlossing in Christus het. Verbind jou daaraan om nie skaam te wees oor die Goeie Nuus nie, en dit aan almal te verkondig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 sowel as my bydrae daaroor:  Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.