1. Wat bid jy met die laaste drie bedes in die Ons Vader – Matteus 6:11-13?
2. Lees my antwoord en oordink dit.

Dat U alles gee wat nodig is. Dat U vergewe soos ons ander vergewe. Dat U ons versterk deur die krag van die Heilige Gees. Dat U vir ons voorsien, ook deur my gawes. Dat U vergifnis skenk, soos ons ons naaste van harte vergewe. Dat U ons versterk teen die duiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur totdat ons uiteindelik oorwin.
3. Lees die oproep van Petrus dat ons ons bekommernisse op God moet werp en die duiwel moet teëstaan in 1 Petrus 5:6-11. Wat tref jou?
4. Lees my verstaan van die verbintenis daarvan aan die Ons Vader gebed. Hoe help dit jou om die Ons Vader beter te verstaan?
God maak ons moedig, sterk en standvastig in gebed
In die tweede deel van die Ons Vader erken ons ons afhanklikheid van God. Ons word klein onder sy kragtige hand. Ons gee al ons bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir ons om. Hy gee vir ons alles wat nodig is. Hy vergewe ons soos ons ander vergewe. Hy versterk ons deur die krag van die Heilige Gees. Die duiwel loop immers rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Ons staan die duiwel teë in gebed. Ons bly standvastig in ons geloof. God maak ons moedig, sterk en standvastig. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid!
5. Sluit af deur die Ons Vader te bid in jou eie woorde.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.