Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort. Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak. As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus is ek in boeie. Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig. (NLV)

1. Paulus sluit sy beskrywing van die wapenrusting van die gelowige in geestelike oorlogvoering met die allergrootste wapen: gebed. Let op hoe dit gedoen word. Wat leer jy daaruit?

2. Paulus is helder daaroor dat gebed persoonlik en in alle omstandighede is, maar dat dit ook moet insluit die gebed vir almal wat betrokke is om die evangelie te verkondig. Hoe kan jy meer gereeld daarby inskakel?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat gebed ons grootste wapen in alle omstandighede is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 6 sowel as my bydrae daaroor: Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.