Daar is nie ’n god soos U nie, Here. Niemand kan u werke naboots nie. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U neerbuig, Here; hulle sal u Naam verheerlik. Want U is groot en doen wonderdade. U alleen is God. Leer my u weë, Here, sodat ek in u waarheid kan wandel. Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. U, Here, is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou. (NLV)
1. Onderstreep die beskrywings van God se werke. Watter troos is daarin vir jou?
2. Hoekom is dit nodig dat God ons sy weë leer? Wat leer die Here jou tans?
3. Lees die verse later vandag om jou aan die omvattendheid van God se werke te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde gebed vir jouself en die wêreld.
4. Jy kan later vanaand die hele Psalm 86 lees sowel as my bydrae daaroor: Psalm 86 – Gee my ’n teken van u goedheid.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
