
Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. (NLV)
1. Paulus is baie bewus van ons onbeholpenheid in gebed. Hoe ervaar jy dit?
2. Gebed is ook God se werk. Jesus bid in die hemel (Hebr 7:25) en die Gees in ons. Hoe ervaar jy dit en hoe bemoedig dit jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat gebed ‘n driehoekige verhouding is – Jesus bid, die Gees bid, en jy skakel daarby in.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.