
Dit is soos die Skrif sê: “Niemand is goed nie – selfs nie een nie. Daar is nie een wat verstandig is nie; niemand wat ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword. Daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een nie.” Ons weet dat die wet van toepassing is op almal wat onder die wet is.
Daarom kan niemand van ons ons verweer nie en is die hele wêreld skuldig voor God. Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie. Hoe beter ons die wet van God leer ken, hoe duideliker blyk ons sonde. (NLV)
1. Is Paulus nie te negatief oor mense nie? Is daar regtig niemand wat goed doen nie? Is daar regtig niemand wat deur wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie? Oorweeg wat hy sê in die lig van die gedeeltes wat hy aanhaal uit die OT: Prediker 7:20, Psalm 14:1-3 en Psalm 53:2-4.
2. Paulus lê klem op ons totale verdorwenheid. Hoekom dink jy is dit nodig dat hy dit só sterk sê?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volledig afhanklik is van God se genade en vergifnis. Net God kan jou nuut maak.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 3 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.