Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is die mens? – Genesis 1:26-28

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.” God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.” (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van die mens. Wat staan vir jou uit van God se skepping en opdrag?

2. Die beskrywings van die mens word aan God se beeld gekoppel sowel as aan hulle geslag. Watter boodskap hou dit vir menswees in? Wat gee dit vir jou? Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou ooreenstemming met God en sy opdrag aan jou.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Genesis 1 en 2 en my bydraes daaroor:Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep; Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.