
’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here, die Almagtige, sal dit waarborg. (NLV)
1. Jesaja beskryf die Messias met koninklike titels. Dit is duidelik dat die uitstaande kenmerke daarvan Goddelik van aard sal wees. Dink na oor elkeen en eien die betekenis daarvan vir jou toe.
2. Die Messias sal die Dawidsryk herstel. Maar, anders as Dawid wat bekend was vir sy militêre optrede, sal die Messias vrede en voorspoed bring, en dit vir altyd. Hoe sien ons dit vervul in die Here Jesus Christus?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat hierdie Messias sy koninkryk vestig en dat dit voortdurend uitbrei. Dit sal nooit ophou nie. Die Almagtige waarborg dit.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 9 en my bydrae daaroor: Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.