Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

1. Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

 Die ware kerk leef in alles volgens die leer van die Woord. Dit sluit die prediking, sakramente en tug in. Die Woord van God alleen dra gesag. Alle leringe en lewenswyses wat daarmee in stryd is, word verwerp. Die valse kerk gee meer gesag aan sy eie besluite as aan die Woord van God, en neem weg van en voeg by die Woord na goeddunke.

3. Lees Handelinge 17:10-15. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Help dit jou om die onderskeid tussen die ware en die valse kerk beter te verstaan?

Die mense van Berea het elke dag die Skrifte ondersoek

Die gelowiges het vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar was mense ontvankliker as in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Die ware kerk leef immers in alles volgens die leer van die Woord. Baie het gevolglik gelowig geword. Ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans. Toe die Jode van Tessalonika egter hoor dat die mense die woord van God in Berea glo, het hulle Paulus-hulle gaan wegjaag. Die Woord het egter steeds verder versprei.

5. Hoe dink jy nou oor die onderskeid tussen die ware en die valse kerk?


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.