Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge: skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld, die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome. Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde! (NLV)
1. Onderstreep die beskrywings van die mens in die konteks van die hele skepping. Wat staan vir jou uit van God se gawes aan die mens? Hoe laat dit jou anders dink oor jouself? En oor ander mense?
2. Die beskrywings van die mens lei ‘n mens tot verwondering en lofprysing. Loof die Here vir hoe wonderlik jy en alle mense gemaak is.
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die wonder van menswees in God se oë te herinner.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 7-8 sowel as my bydrae daaroor:Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
