Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. (NLV)

1. Die ware geloof bring vrede, vreugde en ‘n verwagting in ‘n mens se lewe. Watter inhoud het dit vir jou? Hoe laat dit jou voel?

2. Jesus Christus gee ons toegang tot die heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind. Wat beteken hierdie genade prakties? Hoe beïnvloed dit jou daaglikse lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die volkome vrede, vreugde en verwagting wat jy in Jesus Christus het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 5 lees en my bydrae daaroor: Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.