Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – één Here, één geloof, één doop, één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal. (NLV)

Paulus skryf in hierdie hoofstuk oor ons lewenswandel wat in ooreenstemming moet wees met die roeping wat ons van God ontvang het. Ons moet beskeie, vriendelik, geduldig, en verdraagsaam wees met mekaar om die eenheid te kan handhaaf.  Dit grootste motivering daarvoor lê in dié dinge wat ons saambind. Dan sal ons daarin slaag om in alle opsigte te groei na Christus toe.

1. Wat is die dinge wat ons saambind volgens Paulus? Is dit dinge wat jou help om die eenheid te soek met ander gelowiges?

2. Wat dink jy beteken dit dat Paulus hier praat van één doop? Dink jy ‘n mens kan meer as een keer gedoop word? Hoekom dink jy so?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou doop jou aan God verbind en daarom nooit herhaal hoef te word nie.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Efesiërs 4 te lees en my bydrae daaroor: Efesiërs 4:1-16 – Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.