Hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie. (NLV)
1. Watter onsigbare eienskappe van God kan jy uit die skepping aflei? Kan ‘n mens dit miskyk en God daarvoor verkwalik?
2. Wat is jou ervaring van God se ewige krag en Goddelikheid?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se kragtige nabyheid wat nooit sal ophou nie.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
