Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is gebed? – Psalm 62:6-9

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan. God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. (NLV)

1. Dawid moedig ons aan om ons hart voor God uit te stort (vers 6-9), want Hy is onwankelbaar (vers 2-5) en Hy alleen het mag (vers 10-13). Oordink dit en stort dan jou hart voor God uit.

2. Hierdie Psalm is ‘n uitnemende aanmoediging om aan te hou om te bid, omdat God nie net onwankelbaar en magtig is nie, maar ook omdat Hy billik optree teenoor almal (vers 13). ‘n Hele paar NT skrywers gebruik daarom Psalm 62 om gelowiges aan te moedig om God te vertrou. Lees daaroor in my bydrae oor Psalm 62 (skakel hieronder) en laat dit jou opnuut tot ‘n volhardende gebedslewe aanmoedig.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die belangrikste deel van gebed is dat jy jou hart in vertroue voor God moet uitstort.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Psalm 62 lees en my bydrae daaroor: Psalm 62 – Net by God vind ek rus.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.