In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. God het na sy handewerk gekyk en dit was uitstekend goed. (NLV)
1. Hierdie beskrywings van God se skepping is fundamenteel. Wat staan vir jou uit daarvan? Hoe laat dit jou anders dink oor hierdie wêreld? En oor jouself?
2. Die beskrywings van God se goeie skepping lei ‘n mens tot verwondering en lofprysing. Loof God dat Hy alles goed gemaak het.
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die wonder van die skepping te herinner. Gaan stap langs die see, of in die veld, of kyk ‘n natuurprogram op TV, of luister ‘n bruisende lied wat jou gedagtes op God kan fokus.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Genesis 1 sowel as my bydrae daaroor: Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
