Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie! (NLV)
1. Johannes verbind die skepping aan die Genesis-verhaal wat God se goeie skepping en oorvloedige voorsiening verheerlik. Hoe hou dit verband met Jesus Christus?
2. Jesus Christus word hier as God beskryf – “die Woord het mens geword en onder ons kom woon” (1:14). Watter troos hou die beskrywings van Hom as lewe en lig vir jou in? Watter hoop hou dit vir hierdie wêreld in?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die lewe en lig wat die Here Jesus vir jou gee.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Johannes 1 en my bydraes daaroor: Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
