Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Vraag 3: Wat is die mens?

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

1. Hoe dink jy oor die mens? Hoe is ons gemaak? Wat is ons doel en bestemming?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep, volgens sy eie beeld, manlik en vroulik. God het die mens goed, regverdig en heilig gemaak om Hom reg te ken, van harte lief te hê, die aarde te bewoon, bewerk en bewaar, saam met Hom vir ewig te lewe en Hom te loof en prys.

3. Hoe verryk hierdie beskrywings jou gedagtes oor die mens? Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Adam en Eva in Genesis 2:8-25. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

In die begin het God die mens gemaak om met Hom ooreen te stem. Hy het die mens volgens sy eie beeld geskep sodat die mens sy verteenwoordiger op aarde kan wees. Hy het die mens manlik en vroulik geskep, want Hy wou nie hê dat die mens alleen sou wees nie. God het daarom die vrou as metgesel vir die mens geskep. Adam het in Eva die regte metgesel gekry. Hoor hoe opgewonde sê hy: “Sy is regtig deel van my!” Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.

6. Wat maak jou opgewonde van die verhaal? Loof die Here vir jou skepping en sy gawe van die huwelik.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.