Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wie is God? – Psalm 92:2-6,9

This is a preview lesson

Register or sign in to take this lesson.

Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste; om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid, met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier. U groot dade maak my bly, Here! Ek juig oor u handewerk. Hoe groot is u werke, Here! Hoe diep is u gedagtes! U is hoog verhewe. U, Here, bestaan vir ewig. (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van God se wese. Watter troos is daarin vir jou?

2. Onderstreep die reaksies op God. Gebruik die reaksies om met God in jou eie woorde te praat – dank, loof, aankondig, blymaak en juig.

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die rykdom van God se wese te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde oggend- of aandgebed.

4. Jy kan later vanaand die hele Psalm 92 lees sowel as my bydrae daaroor: Psalm 92 – Groots is alles wat U doen, Here


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.