Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Petrus en die ander apostels het in reaksie hierop gesê: “Ons moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense! Die God van ons voorouers het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom te kruisig. God het Hom verhoog tot Leier en Verlosser in die regeerposisie reg langs Hom. Hy het dit gedoen om Israel tot inkeer te bring sodat hulle vergifnis van sonde kan ontvang. Óns is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat God gegee het aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.” (NLV)

1. Petrus en die ander apostels ervaar toenemend groot teenstand van die Joodse leiers. Dit is duidelik dat die teenstand kom van mense wat die lig van God nie kan verdra nie. Tog volhard die apostels met die verkondiging van die goeie nuus ten spyte van die teenstand. Hoekom?

2. Die apostels word nie net deur hulle gehoorsaamheid aan God gedryf nie, maar ook deur die hoop dat hierdie leiers tot inkeer sal kom. Wat tref jou daarvan? Hoe kan jy dit navolg?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Here van jou gehoorsaamheid verwag. Maar ook dat jy ‘n getuie is van die goeie nuus wat vir almal betekenis kan hê.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Handelinge 5 en my bydrae daaroor:Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.