Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui: “Groot en uitsonderlik is u dade, Here God, die Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, Koning van die nasies. Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here, en nie u Naam verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en voor U in aanbidding neerval, want u regverdige dade het sigbaar geword.” (NLV)
1. Die inhoud van die lied van Moses en die lied van die Lam in Openbaring 15:3-4 is dieselfde, sê Johannes. Hy verwys waarskynlik na Eksodus 15:1-21 se lied van Moses en Miriam (jy kan meer lees daaroor by die skakel aan die einde van hierdie bydrae). Daar is egter ook ooreenkomste met die eerste drie gebooie van die wet van Moses. Vergelyk die eerste drie gebooie inhoudelik met hierdie lied in Openbaring. Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?
2. Wat is die bedoeling van die eerste drie gebooie? Loof die Here dat Hy so duidelik die liefde vir Hom eerste stel en daardeur vir ons die hoop op ‘n nuwe wêreld gee waar almal hulle hieraan sal hou.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die boodskap van die OT en NT inhoudelik ooreenstem en die liefde vir God eerste stel vir die hele wêreld.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Openbaring 15 en Eksodus 15 en my bydraes daaroor: Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan en Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
