
Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word! (NLV)
1. Paulus bid hier vir die gemeente in Filippi dat hulle al hoe meer sal toeneem in hulle liefde vir mekaar en ‘n beter begrip en ‘n fyn aanvoeling sal ontwikkel vir dié dinge wat regtig saak maak. Wat sou hy vir jou bid? Wat moet in jou lewe verder ontwikkel?
2. Paulus is helder oor die doel van ons lewe – dat ons skoon en onberispelik sal lewe tot op die dag wat Christus terugkom. Waarom is dit so belangrik? Watter goeie gevolge kan jou lewe al van getuig? Wat is nog nodig?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wyse waarop God besig is om jou lewe te verander.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Filippense 1 lees en my bydrae daaroor: Filippense 1:1-11 – Laat julle liefde in onderskeiding toeneem.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.