Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie. (NLV)

1. Geloof is ‘n gawe van God. Net so is verlossing ‘n gawe van God. God verlos ons nie omdat ons goed dade doen nie. God verlos ons sodat ons goeie werke kan doen. Hoe dink jy daaroor?

2. Verlossing is dus nie die gevolg van ons dade nie. maar die gevolg van God se werk in ons. Hoe kan jy al hoe meer vir God toelaat om goeie werke deur jou te doen?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die genade van geloof waardeur God jou verlos het. Stel jou in om in dankbaarheid aan Hom gehoorsaam te lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 2 sowel as my bydrae daaroor: Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.