
1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 17 en Heidelbergse Kategismus 14. Wat leer jy van hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Nederlandse Geloofsbelydenis 17
DIE VERLOSSER DEUR GOD BELOOF
Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou (Gal. 4:4) gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Gen. 3:15).
Gen 3:15; 22:18; Jes. 7:14; Joh. 7:42; 2 Tim. 2:8; Heb. 7:14; Joh. 1:14; Gen. 3; Gal. 4:4.
Heidelbergse Kategismus 14
14 Vraag: Kan enige ander skepsel vir ons betaal?
Antwoord: Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).
(a) Eseg 18:4; Gen 3:17. (b) Nah 1:6; Ps 130:3.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.