Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wie is die Vader? – Deuteronomium 32:6

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Is dit hoe julle die Here behandel, julle dom en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Het Hy jou nie gemaak en gevorm nie? (NLV)

1. Hierdie teks kom uit die Wet. Moses is besig in sy derde preek vóór die Intog in Kanaän met ‘n loflied op die karakter van God. Hy wil die volk aanmoedig om nie dom en onwys op te tree nie. Die metafoor wat Hy gebruik is dat God soos ‘n aardse pa ons gemaak en gevorm het. Watter gedagtes oor God se Vaderskap maak dit los by jou?

2. God as Vader het ons gemaak wie ons is. Hy wil ons egter ook vorm na sy Beeld. Dit vra van ons gehoorsaamheid. Wat hou dit vir jou in?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om in gehoorsaamheid aan jou Vader te leef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Deuteronomium 32 sowel as my bydrae daaroor: Deuteronomium 31:30-32:52 – Moses se loflied op die karakter van God.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.