
God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees. (NLV)
1. Ons verlossing is iets wat God doen deur sy Gees. Dit berus op sy besluit. Hy wy ons aan Hom toe in sy genade. Ons kan dit nie verdien nie. Hoe laat dit jou voel?
2. Ons heiliging is ook iets wat God vir ons skenk, maar dit raak sigbaar deur ons gehoorsaamheid? Hoe ervaar jy die proses van heiliging in jou lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die verlossing en dat Hy jou heilig deur gehoorsaamheid.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van 1 Petrus 1 lees en my bydrae daaroor: 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.