Skip to main content

Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone

Ek het ‘n navraag gekry oor gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone. Hier is ‘n sinopsis:

  • As jy die Afrikaanse Bybel online wil lees, gaan na Bybel.co.za.  Kies net die boek/hoofstuk/vers waarin jy belangstel en lees op die Internet.
  • As jy belangstel in die Nuwe Afrikaanse vertaling waarvan die NT al voltooi is, en volgende jaar in ‘n proefvertaling vrygestel sal word, kan jy dit solank hier lees by nuwekerkbybel.co.za. Dit is uitstekend! Kan nie wag dat ons dit in die kerk begin gebruik nie.
  • As jy die Afrikaanse Bybel op jou rekenaar wil lees, is dit meer van ‘n probleem. Jy kan Online Bible gebruik, maar dit gee tans probleme op my rekenaar. Bestel dan liewer die CD by hulle vir R250 (en hoop dit werk beter!).
  • As jy die Afrikaanse Bybel op jou mobiele toestel – selfoon, tablet ensomeer – wil lees, gebruik Youversion se App (toep!) wat vir 10 bedryfstelsels beskikbaar is, onder ander vir Windows 8.  Jy kan natuurlik dit dan ook op ‘n Win8 PC gebruik. Daar is ‘n verskeidenheid Bybels beskikbaar, onder andere die 1983 Afrikaanse vertaling. Ek gebruik dit daagliks op my iPad omdat dit so gemaklik is om te lees, voor ek meer indringend kommentaar op die tekste met ander programme lees.
  • Die Net Bible is ‘n ander briljante online bron wat ongelooflik baie en goed nagevorsde kommentaar op die teks vir jou gee. Daar is 10 verskillende Engelse vertalings beskikbaar wat jy ook parallel met mekaar kan vergelyk.
  • Dan is daar natuurlik die Logos program vir rekenaar, tablette en selfone, hoewel dit ‘n hele paar Rand uit jou sak sal jaag. Kyk ook na van hulle ander digitale toepassings by Vyrso en die uitnemende online bron Biblia.com wat enige tyd net so goed soos NetBible se weergawe is.
  • Jy kan ook E-Sword op jou rekenaar gebruik. Laai dit af (50.6 MB), installeer die file (klik op die setup1010.exe file en volg die instruksies), en gaan na die menu binne die program om die Afrikaans af te laai (Download/Bibles – Scroll op in die venster wat oopmaak tot by Afrikaans en kies dan een van die twee vertalings – die Nuwe Afrikaanse vertaling is ongelukkig €5).

Sal graag wil hoor watter ander hulpmiddels julle nuttig vind en vir ander wil aanbeveel.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda