Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone

Ek het ‘n navraag gekry oor gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone. Hier is ‘n sinopsis:

  • As jy die Afrikaanse Bybel online wil lees, gaan na Bybel.co.za.  Kies net die boek/hoofstuk/vers waarin jy belangstel en lees op die Internet.
  • As jy belangstel in die Nuwe Afrikaanse vertaling waarvan die NT al voltooi is, en volgende jaar in ‘n proefvertaling vrygestel sal word, kan jy dit solank hier lees by nuwekerkbybel.co.za. Dit is uitstekend! Kan nie wag dat ons dit in die kerk begin gebruik nie.
  • As jy die Afrikaanse Bybel op jou rekenaar wil lees, is dit meer van ‘n probleem. Jy kan Online Bible gebruik, maar dit gee tans probleme op my rekenaar. Bestel dan liewer die CD by hulle vir R250 (en hoop dit werk beter!).
  • As jy die Afrikaanse Bybel op jou mobiele toestel – selfoon, tablet ensomeer – wil lees, gebruik Youversion se App (toep!) wat vir 10 bedryfstelsels beskikbaar is, onder ander vir Windows 8.  Jy kan natuurlik dit dan ook op ‘n Win8 PC gebruik. Daar is ‘n verskeidenheid Bybels beskikbaar, onder andere die 1983 Afrikaanse vertaling. Ek gebruik dit daagliks op my iPad omdat dit so gemaklik is om te lees, voor ek meer indringend kommentaar op die tekste met ander programme lees.
  • Die Net Bible is ‘n ander briljante online bron wat ongelooflik baie en goed nagevorsde kommentaar op die teks vir jou gee. Daar is 10 verskillende Engelse vertalings beskikbaar wat jy ook parallel met mekaar kan vergelyk.
  • Dan is daar natuurlik die Logos program vir rekenaar, tablette en selfone, hoewel dit ‘n hele paar Rand uit jou sak sal jaag. Kyk ook na van hulle ander digitale toepassings by Vyrso en die uitnemende online bron Biblia.com wat enige tyd net so goed soos NetBible se weergawe is.
  • Jy kan ook E-Sword op jou rekenaar gebruik. Laai dit af (50.6 MB), installeer die file (klik op die setup1010.exe file en volg die instruksies), en gaan na die menu binne die program om die Afrikaans af te laai (Download/Bibles – Scroll op in die venster wat oopmaak tot by Afrikaans en kies dan een van die twee vertalings – die Nuwe Afrikaanse vertaling is ongelukkig €5).

Sal graag wil hoor watter ander hulpmiddels julle nuttig vind en vir ander wil aanbeveel.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (5)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: