Skip to main content

Spreek in tale

Ek het ‘n navraag gekry oor die belangrikheid van die spreek in tale al dan nie.  ‘n Paar opmerkings:

Die Bybel sê almal praat nie in tale nie. 

Lees bv. die vrae van Paulus in 1 Korintiërs 12:29-30 waarop die antwoord ‘n duidelike nee is: “Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?”

Die Bybel sê almal wat aan Christus behoort en in Hom glo het die Heilige Gees ontvang. Tale is net een van die tekens daarvan.

Lees bv. Handelinge 2:38: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” En lees Romeine 8:9: “As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.” Lees ook Titus 3:5-7: “Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.”

Die spreek in tale is daarby een van die beginner-gawes in die NT. 

Daarom sê Paulus dat jy jou moet toelê op die beste genadegawes (1 Kor. 12:31): “Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verlen, om leiding te gee of om ongewonde tale of klanke te gebruik.”  Hulpverlening is dus ‘n beter gawe as talepraat …

Die gawes word in die latere briewe van Paulus as mense met ‘n spesifieke taak vir die koninkryk beskryf.

Nadat Paulus in Ef 4:7 gesê het dat ons almal genadegawes gekry het, vervolg hy in vers 11 deur mense as gawes te beskryf en brei sy lysie in Korintiërs uit met nog 2 gawes: evangeliste en herders.  Dws – dit is nie so belangrik wat jy HET nie, maar wie jy IS in die koninkryk van God en hoe God jou gebruik.  Paulus sê wel dat ons kan vra vir gawes, maar dat ons dan moet vra vir die beste gawes, en tale is aan die onderkant van die lys.  Al die ander gawes is meer belangrik: wysheid, profesie ensomeer.

Die belangrikste saak wat Paulus egter in die konteks van gawes aanhaal, is dat die liefde nog die allerbeste is!

Paulus volg sy oorsig oor die gawes op in 1 Korintiérs 13 om te sê “wat nog die allerbeste is”!  Dit is om met liefde (en hoop en geloof) te lewe.  Tale vervaag sê hy in die lig van die liefde, want die liefde is die allerbeste.  As jy nie die liefde het nie, is jy doodgewoon niks, al kan jy ook al die bekende en onbekende tale wat daar is, praat.  En as jy die liefde het, dan is die gawes doodgewoon nie meer so belangrik nie, en konsentreer ‘n mens op God en wat jy vir hom kan beteken, en raak jyself, alles van jou!, die gawe en is tale doodgewoon minder belangrik. Ek onthou ‘n vriend van my wat na ‘n charismatiese kerk beweeg het en die druk waaronder hy was om in tale te praat.  Hy het dit later nagemaak, omdat hy net nie uit wou voel nie.  Gelukkig het hy uiteindelik dit gelos. Tale is regtig net die begin … en ‘n kerk wat daar vashaak moet gehelp word om te groei nie net na die beter gawes nie, maar ook na die liefde en na die besef dat hulle as sodanig as kinders van die Here gawes van God is.

Maar, natuurlik, enigiets wat God gee, is iets waarmee hy ons seën, en daarom kan ons voortgaan om die tale te gebruik.

Dit is veral bedoel vir ons binnekamer, want in die gemeente sê Paulus sal hy eerder 5 woorde met sy verstand praat as duisend woorde in ‘n taal (1 Kor 14:19).  Goeie raad wat selfs vir oningeligtes sal sin maak.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke, Spreek in tale


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…