Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Deon

    |

    Hi Chris,

    Ek geniet alles wat jy hier plaas en waardeer jou baie.

    Die intepretasie van die Bybel, bly steeds n omstrede onderwerp, maar wanneer ons dink aan die ewigheid, besef ons elke keer dat baie vrae, irrelefant is. Ek dink in die besonder aan Jesus se verduideliking van Sy koninkryk aan Nikodemis in Joh. 3 en hoe om dit IN te gaan.

    Daar was egter onlangs n bespreking op Sid Roth se website, wat gegaan het oor die enigste gebed in die Bybel wat God self sou geskryf het nl. Num 6:24-27. (Ek verskil met die stelling, maar dit daar gelaat)

    Die bespreking het gegaan oor die benaming van God en dat dit nie “Lord” (Here) is nie.

    Ek vertrou dat jy die onderwerp sal aanraak, veral mbt die Israeliete wat nie die naam van God wou gebruik nie maar die woord “Adonai” gebruik het wat as Lord (Here) deurlopend vertaal is.

    My argument gaan daaroor dat “god” enigiets wat aanbid word, kan beteken en deur alle godsdienste in die Wereld, as sulks vir hulle god gebruik word.

    Ek wil niks verder hieroor se nie, maar sal graag jou verwerkings wil volg.

    Waardeer jou baie.

    Deon

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Volgens die boek Names of God in the Bible (Faithlife) is daar 13 034 voorkomste van die naam van God in die Bybel. Die naam wat die meeste alleenstaande gebruik word vir God in die OT (5330) is “Jahwe” (יהוה). Dit is ook sy persoonsnaam (Eks 3). Die naam wat die tweede meeste alleenstaande gebruik word vir God is “God” (θεός in die NT – 1755 keer; אֱלֹהִים in die OT – 996 keer). Daar is natuurlik ook talle kombinasies van dié twee name met mekaar en met ander beskrywings van God.

      Die naam Jahwe word vertaal met “Here” in die Afrikaanse vertaling van יהוה in die OT. Daarmee volg die vertalers aan die een kant die gebruik van die Jode om uit eerbied vir die naam “Jahwe” eerder die vokale te verander en die woord as “Jehova” uit te spreek na aanleiding van ‘n ander woord vir God, “Adonai“, wat ook “Here” (of baas) beteken. In Hebreeus is dit אָדוֹן אֲנִי.

      Aan die ander kant stem hierdie vertaling ooreen met die wyse waarop die Jode “Jahwe” in die OT met die Griekse “Here” vertaal het. Die sogenaamde Septuagint (LXX) het “Jahwe” (יהוה) in die Hebreeuse OT met die Griekse κύριος vertaal wat “Here” (of baas) beteken.

      Hierdie Griekse vertaling slaan ‘n baie belangrike brug na die NT gebruik om dieselfde naam, κύριος (873 keer), vir God en veral vir Jesus in die NT te gebruik. Dit help ons ook om te verstaan dat daar ‘n identifikasie is tussen die “Jahwe” (יהוה) of “Here” van die OT en die “Here” (κύριος) van die NT, Jesus. Jy kan hier meer daaroor lees.

      Dit is ook so dat die naam “God” ‘n generiese naam is wat vir enige “god” gebruik kan word. Elke vertaling van die Bybel gebruik gewoonlik die plaaslike generiese naam vir “god” om die Bybelse naam vir “God” weer te gee.

      Reply

  • Avatar

    Lettie Breytenbach

    |

    Goeie dag, ek geniet die Bybelskoollesse baie, ‘n mens word nooit te oud om te leer nie en die Bybel is ‘n onuitputlike bron van nuwe kennis elke dag. Verlede Sondag tydens die erediens staar ek na die kruis voor in die kerk en skielik kom die gedagte of gevoel by my op…met al die tooisels oor die kruis ( op die oomblik is daar ‘n rooi doek oor drapeer), is ons dan nie ook maar soos die gepeupel in Jerusalem wat Hom bespot om Hom kastig koninklik beklee nie? Moet die kruis nie nou heeltemal leeg daar staan nie? Hy het mos nou alles volbring… mission completed.
    Die kruis is nou mos ‘n herinnnerings simbool.Lettie Breytenbach

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dis verseker in ons tradisie die gebruik om met ‘n leë kruis te werk. Ons kyk daarna deur die bril van die opstanding.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Koot

    |

    Baie dankie vir hierdie uitleg. Die manier waarop u dit doen breek nie net nuwe betekenisse oop nie maar wys ook duidelik ooreenkomste en verskille.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit bly vir my net ‘n plesier en ‘n voorreg om met die uitleg van die Bybel besig te wees. Elke nuwe vraag wat ek kry, maak vir my self nuwe betekenisse oop.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie vir ‘n deeglike stuk werk Chris!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Audrey. Die Dordtse Leerreëls – ek plaas dit Saterdag – beklemtoon die volgende: “2.1.5 Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.” Talle en talle tekste in die Bybel verseker ons dat as jy in Jesus Christus glo, is jy gered, is jy uitverkies, en het jy die ewige lewe as ‘n geskenk van God ontvang – Joh 1:12; 3:36; 10:28; Rom 10:9-13; 1 Joh 5:10-13. Dit vra van ons doodgewoon om die Here met ons hele hart te aanbid, omdat Hy ons dié groot gawe gegee het, en in bekering en geloof te leef. En Hom te vertrou dat Hy ons sal bewaar om te kan volhard tot die einde toe. Ons sekerheid lê in Hom.

  • Avatar

    Audrey

    |

    Hallo ds. Chris, die hele uitverkiesing spook al heelweek by my, ek het in n baie Geestelike huis en famielie groot geraak en dit voel as groot mens, raak die bybel moeiliker al leer mens elke dag en dit maak verskriklik bang, doen ek God se wil? Lewe ek reg? Maar nie te min, die skrifte van die week het my so laat wonder of ek gekies gaan word, en of my lewe waarlik reg gelewe word, Maandag se skrif het my so hard geslaan dat ek nie eens woorde gehad het nie, die woord sê moet nie onsteld wees nie, maar ek weet nie wat dit vir my beteken nie, die troos is meer dat ek nogsteeds moet glo, vertrou, lief hê en goed doe en so ook God prys, en dat ek glo dat ek verlos sal word. Maar dit laat mens nogsteeds wonder of ons altyd reg doen en God se wil, en vir die eerste keer in my lewe laat dit my verskriklik bang.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, dit is tragies en hartseer. Genadetyd het sy perke waar mense hulle teen God verset. Gelukkig was daar ook hier ‘n Daniël wat die Here op sy beloftes geneem het, die Here om vervulling gevra het, en het ‘n nuwe genadetyd aangebreek vir Juda. Só was dit reg deur die eeue. Met Jesus. Met die Gees. Met die kerk. En al gaan die streep vir hierdie wêreld wel eendag getrek word, en sal die ongelowiges die vuur van die tweede dood moet trotseer, sal die finale genadetyd wat deur die nuwe hemel en nuwe aarde aanbreek vir ewig hou! En in Jesus het ons deel daaraan. Watter vreugde!

  • Avatar

    Elna

    |

    Wat `n tragiese verhaal is dit nie in Konings nie ! My hart is skoon seer saam met die Here sin! Is daar nie maar altyd parralelle in ons lewe nie?
    Dankie vir die bybelskool Chris.
    Voorspoed vir jou!
    Elna

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Waardevolle werk hierdie oor die wet Chris. Dankie daarvoor.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Gerhard. Ek het ‘n langer artikel geskryf wat jy ook kan lees daaroor. Die antwoord op jou vraag is die volgende:

    Die woord vir wet (nomos) kom 32 keer voor in Paulus se brief aan die Galasiërs. Dit wys hoe ‘n belangrike konsep dit vir hom was. In al die verwysings na die wet bedoel Paulus die hele wet – die Tora, die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel. Daarom praat hy ook van die “boek van die wet” (Gal 3:10), en die “hele wet” (Gal 5:3,14).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Haidi. Ek het kortliks daaroor geskryf in Levitikus 16 – Die Groot Versoendag bring versoening met God en reiniging van die sonde. Hier is ‘n bietjie meer:

    Levitikus 16 beskryf die versoening en reiniging van die volk aan die hand van drie seremonies. In die eerste seremonie is ‘n bul as sondeoffer en ‘n ram as brandoffer vir die hoëpriester en al die priesters as versoening geslag. In die tweede seremonie is twee bokramme as sondeoffer gebruik – die een is geslag, die ander weggejaag – wat versoening gedoen het vir al die sondes van die Israeliete en ook reiniging gebring het deurdat die sonde simbolies weggejaaag is. In ‘n derde en laaste seremonie is ‘n skaapram as brandoffer gebring wat die versoening voltooi het vir die hele volk in die teenwoordigheid van die Here.

    In die tweede seremonie is die twee bokramme as volg hanteer:

    1. Die een bokram is geloot om geoffer te word “vir die Here” en die bloed ook agter die voorhangsel ingeneem as teken van versoening.

    2. Die ander bokram is geloot “vir Asasel”, maar moes bly lewe en is die woestyn ingejaag as teken van die reiniging en afstanddoening van die sonde: “So sal die bok al hulle sonde met hom saamdra na ‘n onherbergsame streek toe en daar in die woestyn moet hy agtergelaat word.” Die sonde is dus simbolies weggejaag en afgelê.

    Die naam Asasel beteken “bok wat weggaan” wat waarskynlik sinspeel op die naam van ‘n vername bose gees, soos dit in die Intertestamentêre literatuur (bv. 1 Henog 8:1; 9:6; 10:4-8; 13:1-3 – lees dit hier) en die Talmoed beskryf word. Asasel was daarvolgens die leier van die “seuns van God” wat in Genesis 6:1-4 gesondig het.

    Hierdie handeling met Asasel het die betekenis gedra dat daar van die sonde afstand gedoen is, dat dit teruggegee is aan die bron daarvan en dat die Israeliete daarmee van die bose se invloed gereinig is.

    Die uitspraak in Spreuke 28:13 verwys waarskynlik na die geestelike betekenis daarvan: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.”

    Paulus se uitspraak in 2 Timoteus 2:19 kan ook hiermeer verbind word: “Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

Prontuit die Waarheid