Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.
’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees. Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer. Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):
Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)
Vandag wil ek iets sê oor ons lees van die Bybel in hierdie Bybelskool en jou daarna net herinner aan ‘n verskeidenheid ander maniere om die Bybel te lees. In die volgende paar weke kan jy enigeen van dié metodes gebruik (of afwissel) om die betekenis van die teks vir daardie dag te ontsluit.
My passie is om die Woord só oop te sluit vir ons dat ons – in die woorde van Eugene Peterson – daarvan ‘n woonplek maak. My droom is dat die Bybel vir ons ‘n ruimte word waarbinne ons God sal ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op ons reis deur die wêreld raak.
Daarom is dit so belangrik om 1) die Bybel self eers te lees … voordat jy my bydraes daaroor lees … EN 2) daaroor te reflekteer. Geestelike groei kom as ‘n mens albei doen, deeglik lees EN deeglik nadink daaroor. Eers daarna kan jy lees wat ek daaroor skrywe, en met my ook in gesprek tree daaroor, ook jou vrae vra, en met ons almal deel wat die Here vir jou in die gedeelte laat duidelik word het.
‘n Nuwe manier wat ek wil voorstel – veral as jy, soos nou, ‘n hoofstuk op ‘n slag lees – is die volgende:
LEES – Lees die gedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer.
Bestudeer die karakters – Maak ‘n lys van die persone of groep in die gedeelte en dink na oor wat van hulle gesê word en hoekom.
Oorweeg die sleutelgedagte – Kies ‘n vers of frase wat die hoofstuk vir jou die beste opsom.
Maak ‘n opsomming – Skryf ‘n kort opsomming van die inhoud met die klem op wat jou getref het. Dit help ook om ‘n opskrif vir die gedeelte te kies.
LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die gedeelte wil sê.
LEEF – Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag.
Hier is nog ander metodes wat jy by jou eie behoeftes kan aanpas.
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief van aard.
Die idee met alle metodes is om beide die breë lyne van boek of hoofstuk van die Bybel asook die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om daaroor te gesels. Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Hier is ’n aantal metodes waaruit jy kan kies.
Drie simbole
Werk met drie simbole waaroor jy dan kan reflekteer:
! – IETS WAT JOU GETREF HET
? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
Eenvoudige luistersiklus
RUS
Raak bewus van jou diepste behoeftes.
Gee dit in gebed aan God.
HOOR
Lees die Skrifgedeelte hardop.
Dink na oor wat jou daarin tref.
LEEF
Wat lê die Here nou op jou hart?
Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.
Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
Wat moet ek hiermee doen?
Lees soos ‘n Vakleerling
Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met God in die lewe onderneem.
[1] Hierdie en die volgende 3 metodes kom van Adele Calhoun af (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar