Skip to main content

Tag: Bybelstudie metodes

Lectio Divina

Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.

’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

  • Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
  • Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed  – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
  • Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God  – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

Lees, Luister, Leef

Vandag wil ek iets sê oor ons lees van die Bybel in hierdie Bybelskool en jou daarna net herinner aan ‘n verskeidenheid ander maniere om die Bybel te lees.  In die volgende paar weke kan jy enigeen van dié metodes gebruik (of afwissel) om die betekenis van die teks vir daardie dag te ontsluit.

My passie is om die Woord só oop te sluit vir ons dat ons – in die woorde van Eugene Peterson – daarvan ‘n woonplek maak.  My droom is dat die Bybel vir ons ‘n ruimte word waarbinne ons God sal ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op ons reis deur die wêreld raak.

Daarom is dit so belangrik om 1) die Bybel self eers te lees … voordat jy my bydraes daaroor lees … EN 2) daaroor te reflekteer.  Geestelike groei kom as ‘n mens albei doen, deeglik lees EN deeglik nadink daaroor.  Eers daarna kan jy lees wat ek daaroor skrywe, en met my ook in gesprek tree daaroor, ook jou vrae vra, en met ons almal deel wat die Here vir jou in die gedeelte laat duidelik word het.

‘n Nuwe manier wat ek wil voorstel – veral as jy, soos nou, ‘n hoofstuk op ‘n slag lees – is die volgende:

  • LEES – Lees die gedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer.
    • Bestudeer die karakters – Maak ‘n lys van die persone of groep in die gedeelte en dink na oor wat van hulle gesê word en hoekom.
    • Oorweeg die sleutelgedagte – Kies ‘n vers of frase wat die hoofstuk vir jou die beste opsom.
    • Maak ‘n opsomming – Skryf ‘n kort opsomming van die inhoud met die klem op wat jou getref het.  Dit help ook om ‘n opskrif vir die gedeelte te kies.
  • LUISTER –  Dink na oor wat God vir jou deur die gedeelte wil sê.
  • LEEF – Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag.

Hier is nog ander metodes wat jy by jou eie behoeftes kan aanpas.

Kies ‘n manier van Bybellees

Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief van aard.

Die idee met alle metodes is om beide die breë lyne van boek of hoofstuk van die Bybel asook die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om daaroor te gesels.  Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind.

Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel.  Hier is ’n aantal metodes waaruit jy kan kies.

Drie simbole

Werk met drie simbole waaroor jy dan kan reflekteer:

! – IETS WAT JOU GETREF HET

? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET

– IETS VAN GROOT BETEKENIS

Eenvoudige luistersiklus

  • RUS
    • Raak bewus van jou diepste behoeftes.
    • Gee dit in gebed aan God.
  • HOOR
    • Lees die Skrifgedeelte hardop.
    • Dink na oor wat jou daarin tref.
  • LEEF
    • Wat lê die Here nou op jou hart?
    • Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.

Lees soos ‘n Kunstenaar[1]

  • Wat tref my?
  • Watter nuwe gedagtes kry ek?
  • Wat moet ek daarmee doen?

Lees soos ‘n Speurder

  • Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
  • Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
  • Wat nou (aksie, met wie)?

Lees soos ‘n Skatkisjagter

  • Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
  • Wat moet ek hiermee doen?

Lees soos ‘n Vakleerling

  • Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
  • Wat moet ek hiermee doen?

Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het.  En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met God in die lewe onderneem.


[1] Hierdie en die volgende 3 metodes kom van Adele Calhoun af (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief.

Lectio Divina

Lectio divina, of “geestelike lees” word op verskillende maniere gedoen.

Die een wat ek die sinvolste vind (Alice Fryling – The Art of Listening), werk as volg:

  1. Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te lewe
  2. Lectio – lees die Skrifgedeelte hardop en fokus op ‘n vers of gedagte wat jou tref
  3. Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe
  4. Oratio – antwoord God in gebed daarop
  5. Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat
  6. Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê.

As jy meer oor die tradisionele aanpak van Lectio Divina wil lees, kan jy Luke Dysinger se weergawe hier aflaai (pdf – 35 KB): Lectio Divina.

Luistersiklus

Eenvoudige luistersiklus

RUS

  • Raak bewus van jou diepste behoeftes.
  • Gee dit in gebed aan God.

HOOR

  • Lees die Skrifgedeelte hardop.
  • Dink na oor wat jou daarin tref.

LEEF

  • Wat lê die Here nou op jou hart?
  • Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.

Grafies voorgestel:

Onlangse kommentaar