Skip to main content

Spreuke – slagspreuke vir die lewe

Slagspreuke vir die lewe

spreuke-logo

Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke. Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2). Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).

Praktiese benadering tot die lewe

Spreuke leer jou die geheim ken van die lewe coram Deo (voor God), sodat jy met wysheid en oorleg kan leef (1:3) en die dwaasheid kan vermy (1:7).

Spreuke wil jou inspireer om die wysheid na te jaag, nie net in terme van wat in die boek self opgeteken is nie, maar ook om ons eie oortuigings in ons lewe saam met God en mekaar te vind en formuleer. Die boek werk nie soseer met groot of abstrakte teorieë of selfs godsdiens-kategese as sodanig nie, maar met ‘n doodgewone common sense praktiese benadering tot die lewe voor God en die wêreld, geïllustreer met vele stories, beelde, onthoubare slagspreuke en gesegdes. Maclaren beskryf die boek daarom as “portable medicine for the fevers of youth” en voeg by dat dié medisyne werk of jy die dokter ken of nie (Zondervan Bible Commentary, 654)!

Bou jou kapasiteit vir wysheid

Met die waarhede en wyshede van die boek Spreuke as gids kan ook jy ‘n ekspert in die lewe word! In die proses bou Spreuke jou kapasiteit vir wysheid, en vir wyse gedrag. Kom leer by die wyses uit die verlede sodat jy nie net self wys kan leef nie, maar ook ‘n wyse kan word.

Registreer by bybelskool.com (Widget aan die regterkant: Gebruikers/registreer) om die dagstukkies elke weeksdag te ontvang. Eerste dagstukkie 25 Julie.

Skryf in by die Somerstrand kerkkantoor (0415835115) om die byeenkomste Woensdagaande te kan bywoon (tot 12 Sept). Eerste byeenkoms Woensdag 25 Julie 18:30

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar