Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid

Let weereens op vir die antiteses waarin ’n mens die lewenslesse van die inleiding van Spreuke 1-9 steeds hoor weerklink: die wysheid teenoor die dwaasheid, die regte pad teenoor die verkeerde een, ’n lewe gebou op gehoorsaamheid aan die Here teenoor een waar slinksheid en goddeloosheid oorheers.

Die gedeelte begin met ’n klem op leerbaarheid (12:1) wat ’n goue draad verskaf waaraan ’n mens die onderskeie losstaande spreuke kan ophang:

  • Die wyse luister na raad – 12:15;
  • Die wyse laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend – 12:26.

Let op hoe twee ander kernwaarhede vir ’n mens help om sin te maak van die spreuke:

  • Die goedkeuring van die Here is ’n motivering vir gehoorsaamheid, wat ook die gedeelte omraam:
    • Die Here hou van ’n goeie mens en laat dié wat sy wil doen, stewig staan – 12:2-3;
    • Die Here hou van betroubare mense.  Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe – 12:22,28.
  • Die sosiale voordele van ‘n keuse vir ’n wyse lewe:
    • ’n Knap vrou gee haar man hoë aansien – 12:4.
    • Die mening van regverdiges is bruikbaar in die hof – 12:5.
    • Opregte mense red ander met wat hulle sê.  Dit bevoordeel ook hulle nageslag – 12:6-7.
    • ’n Mens word deur ander geprys vir insig – 12:8.
    • Waarheid praat bring betroubaarheid in die gemeenskap – 12:17.
    • Wyse mense bring genesing in die gemeenskap met wat hulle sê – 12:18.
    • Beraadslaging vir vrede en voorspoed bring vir almal vreugde – 12:20.
    • Hardwerkende mense kom in magsposisies – 12:24.

Sommige van hierdie spreuke het ’n inhoud wat ons vandag nie meer navolg nie, bv die een oor die voordeel van slawerny, hoewel ‘n mens in elk geval die punt daarvan steeds kan raaksien (12:9).  Persepsies kan ver verkeerd wees.

Ek hou baie van Peterson se vertaling van 12:14: “Well-spoken words bring satisfaction; well-done work has its own reward.”

Spreuke 12:25 is goeie raad vir my vir dié dag:

  • “Bekommernis druk ’n mens neer; ’n vriendelike woord vrolik hom op.”

Wees op die uitkyk vandag vir iemand wat bekommerd is, en vrolik hom of haar op met jou vriendelike woorde.

View all posts in this series

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • In Spreuke 12 val die vlg tema my op:
    – uister na en leer van ander (v 1, 15)
    – werk hard (v 11, 24)
    – oppas vir die tong! (v 18, 19)
    – en soos in Spr 10 en 11: doen God se wil – dan is jy stewig geanker in Hom (v 3).
    Groetnis! tilla

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: