Skip to main content

Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid

Let weereens op vir die antiteses waarin ’n mens die lewenslesse van die inleiding van Spreuke 1-9 steeds hoor weerklink: die wysheid teenoor die dwaasheid, die regte pad teenoor die verkeerde een, ’n lewe gebou op gehoorsaamheid aan die Here teenoor een waar slinksheid en goddeloosheid oorheers.

Die gedeelte begin met ’n klem op leerbaarheid (12:1) wat ’n goue draad verskaf waaraan ’n mens die onderskeie losstaande spreuke kan ophang:

  • Die wyse luister na raad – 12:15;
  • Die wyse laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend – 12:26.

Let op hoe twee ander kernwaarhede vir ’n mens help om sin te maak van die spreuke:

  • Die goedkeuring van die Here is ’n motivering vir gehoorsaamheid, wat ook die gedeelte omraam:
    • Die Here hou van ’n goeie mens en laat dié wat sy wil doen, stewig staan – 12:2-3;
    • Die Here hou van betroubare mense.  Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe – 12:22,28.
  • Die sosiale voordele van ‘n keuse vir ’n wyse lewe:
    • ’n Knap vrou gee haar man hoë aansien – 12:4.
    • Die mening van regverdiges is bruikbaar in die hof – 12:5.
    • Opregte mense red ander met wat hulle sê.  Dit bevoordeel ook hulle nageslag – 12:6-7.
    • ’n Mens word deur ander geprys vir insig – 12:8.
    • Waarheid praat bring betroubaarheid in die gemeenskap – 12:17.
    • Wyse mense bring genesing in die gemeenskap met wat hulle sê – 12:18.
    • Beraadslaging vir vrede en voorspoed bring vir almal vreugde – 12:20.
    • Hardwerkende mense kom in magsposisies – 12:24.

Sommige van hierdie spreuke het ’n inhoud wat ons vandag nie meer navolg nie, bv die een oor die voordeel van slawerny, hoewel ‘n mens in elk geval die punt daarvan steeds kan raaksien (12:9).  Persepsies kan ver verkeerd wees.

Ek hou baie van Peterson se vertaling van 12:14: “Well-spoken words bring satisfaction; well-done work has its own reward.”

Spreuke 12:25 is goeie raad vir my vir dié dag:

  • “Bekommernis druk ’n mens neer; ’n vriendelike woord vrolik hom op.”

Wees op die uitkyk vandag vir iemand wat bekommerd is, en vrolik hom of haar op met jou vriendelike woorde.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda