Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal
Hierdie kort en kragtige spreuke neem die tema van die verskil tussen die regverdige en die goddelose verder en spel dit uit in ‘n hele paar konkrete lewensituasies. Die regverdiges word veral gekenmerk in hulle respek vir ander wat ten diepste met hulle respek en ontsag vir God te make het. Die goddeloses word deur hulle gebrek aan respek vir ander en vir God geteken.
Hier volg my opsommende interpretasie van die inhoud van die spreuke:
- Die skrif is aan die muur vir iemand wat nie uit sy foute wil leer nie – 29:1.
- Regverdige regeerders is ‘n plesier vir die volk, goddeloses ‘n pyn – 29:2.
- Kinders se lewenswyse, goed of sleg, het ‘n direkte en persoonlike impak op hulle ouers – 29:3. Dié spreuk word natuurlik ‘n gelykenis in die NT, die gelykenis van die Verlore Seun (Luk 15). Jesus beklemtoon daar God se genadige liefde vir sy kinders. Die vermorsing van geld deur die jonger broer troef nie die pa, ‘n model vir God, se genade nie. Die gelykenis kan trouens as die gelykenis van die Wagtende Vader geneem word, waarin God se passievolle verlange na versoening geteken word, lank voor die inkeer van ‘n kind van Hom dit ‘n werklikheid maak. Selfs die ouer broer se veroordeling van die jonger broer, wat eintlik ‘n veroordeling van sy pa se genade is, kan by wyse van spreke, God nie van stryk bring nie.
- Regverdigheid skep ‘n veilige omgewing – 29:4. Onregverdige belastings ruïneer ‘n land.
- Vleitaal verstrik – 29:5. Die slegste bedoelings word met die mooiste woorde verbloem.
- Sonde bly die grootste gevaar – 29:6. Ware vrolikheid kom van ‘n skoon gewete.
- Regverdiges is besorg oor arm mense se lot – 29:7. Let op hoe dié besorgdheid op ‘n implisiete wyse in God gefundeer word, want dit is goddelose mense – mense wat God se bestaan en invloed in die lewe nie erken nie – wat nie begrip het daarvoor nie. Wat ‘n mens natuurlik onmiddellik laat besef, wanneer dié begrip in ‘n ongelowige teenwoordig is, is só ‘n mens moontlik nie ver van die ontvanklikheid vir ‘n bewussyn van God nie.
- Wyse mense bring kalmte – 29:8. Daarteenoor bring ligsinnige (respeklose) mense ‘n stad in oproer.
- Dit is uitmergelend om ‘n saak teen ‘n dwaas te maak – 29:9. ‘n Mens moet nooit dink dat ‘n regsgeding vrede sal bring nie. Dit is gewoonlik ver van die waarheid af. Onthou die dilemma van 26:4-5.
- Jou houding teenoor ‘n onskuldige mens, verraai die gehalte van jou eie karakter – 29:10. Regverdiges kan eenvoudig nie onbetrokke bly wanneer iemand onskuldig aangekla word nie.
- Dit neem baie tyd om ‘n dwaas te kalmeer – 29:11.
- Wanneer jy self nie respek het vir die waarheid nie, het jy naderhand net leuenaars in diens – 29:12.
- Die Here sorg vir alle mense – 29:13. Dit is ‘n waarheid wat regdeur die Bybel beklemtoon word. In die NT gebruik Jesus dié beginsel om vyandsliefde te motiveer (Matt 5:43-48).
- ‘n Koning wat reg aan armes laat geskied, bestendig sy eie regering – 29:14. Dit is in ‘n neutedop wat in ons land nodig is – dat armes die ervaring het dat hulle regverdig behandel word.
- Dissipline is ‘n opvoeding in wysheid – 29:15. Ons kan verskil oor die metodieke, maar die beginsel bly dieselfde. Sorg vir dissipline en jy word nie maklik in die skande gesteek nie.
- Goddelose regerings laat sonde gedy – 29:16. Die belofte dat sulke regerings uiteindelik ondergaan, is bedoel om regverdiges moed te laat hou, sodat hulle nie ook aan die versoeking van die sonde toegee nie.
- ‘n Goeie opvoeding bring rus in jou eie hart – 29:17. ‘n Goeie opvoeding is nie net ‘n vreugde in terme van die toekoms van jou kind nie, maar ook ‘n gerusstelling en vreugde vir jou eie hart.
- Die doen van God se wil bring voorspoed. Waar dit beperk word, verwilder ‘n volk – 29:18. Let op hoe beide die getuienis oor God se wil, as die doen daarvan, belangrik is. Dit is waarmee ‘n volk geïnspireer kan word. Die praktiese situasie in die tyd van Eli is ‘n goeie voorbeeld van wat met hierdie spreuk bedoel word (1 Sam 3). Met Samuel se gehoorsaamheid aan God is die situasie omgedraai.
- Woorde alleen bring nie noodwendig reaksie nie – 29:19. ‘n Ongemaklike waarheid, maar ‘n waarheid nietemin!
- Dink voor jy praat, anders is jy dwaas – 29:20.
- Rebellie begin by bederf – 29:21. Dit is natuurlik nie net van slawe waar nie, maar ook van kinders.
- Opvlieëndheid veroorsaak ‘n uitkringende probleem – 29:22. Dit is soos rimpels op die water. Alles en almal word daardeur geraak.
- Hoogmoed kom tot ‘n val – 29:23. Nederigheid bring weer eer.
- Die deler is so goed soos die steler – 29:24. Die probleem met die ontvangs van gesteelde goedere, is dat jy dan nie vir die reg kan opstaan nie. Jou mond word effektief gesnoer.
- Vertroue in die Here bring ware veiligheid, nie die vrees vir ander mense nie – 29:25. ‘n Mens kan uit vrees vir ander mense maatreëls tref om jouself teen hulle of teen gevaar te probeer beskerm, maar die maatreëls as sodanig kan jou nie red nie. Dit is wanneer jy op die Here vertrou, dat jy ware veiligheid ervaar. Dit beteken natuurlik nie dat jy nie ook wys moet leef en verstandig moet optree nie. Dit is darem al oor en oor deur Spreuke gesê. Maar jou vertroue moet in die eerste plek in die Here wees.
- Dit is die Here wat sorg dat reg aan jou geskied – 29:26. Omdat die Here in beheer is ook van die regeerder, help jou soeke na die regeerder se guns nie veel nie. Soek eerder na die Here se guns en Hy sal aan jou laat reg geskied (Ps 37!).
- Die stryd tussen regverdiges en goddeloses is onafwendbaar skerp – 29:27.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - Jul 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - Jul 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - Jul 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - Jul 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - Jul 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - Jul 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - Aug 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - Aug 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - Aug 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - Aug 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - Aug 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - Aug 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - Aug 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - Aug 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - Aug 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - Aug 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - Aug 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - Aug 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - Aug 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - Aug 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - Aug 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - Aug 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - Aug 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - Aug 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - Aug 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - Aug 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - Aug 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - Aug 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - Aug 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - Sep 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - Sep 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - Sep 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - Sep 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - Sep 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - Sep 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - Oct 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - Jun 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - Apr 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - Dec 13, 2022