Skip to main content

Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg

Soos reeds gister aangeroer, fokus hoofstuk 6:1-19 op vier vermanings teen vreemdes, luiheid, onreg en eiegeregtigheid om die seun aan te moedig om met oorleg te leef.   Dit vorm deel van lewensles 8.

6:1-5 – Wees versigtig met verbintenisse aan vreemdes
Die eerste vermaning het met borgstaan vir vreemdes te make.  Dié tema sal nog ’n paar keer aangeraak word in Spreuke (11:15; 20:16) selfs ook wanneer dit nie met vreemdes verband hou nie, maar met enigiemand wat in die skuld is (22:26).

Die punt wat die pa aan sy seun maak, is dat hy versigtig moet wees aan wie hy hom verbind, veral uit die hoek van die mag wat ander dan oor jou kan hê.  Sy pa wil hê dat hy vry moet wees van verpligtinge wat vanweë ander se dwaasheid op hom gelê kan word.

Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens vir iemand anders iets kwytskeld of as ’n geskenk gee nie.  Dit het die pa reeds in sy vierde lewensles vir hom geleer, dat hy nie ’n weldaad moet weerhou van iemand wat dit toekom nie (3:27-28).  Borgskap van vreemdes het egter net só ’n inherente gevaar van misleiding, waaraan die pa sê ’n mens jou net nie moet blootstel nie.

En as dit wel gebeur het?  Wel, doen alles in jou vermoë om daaruit los te kom!  Soebat, pleit, selfs al kos dit jou ’n nag se slaaploosheid, sorteer dit uit!

6:6-11 – Werk soos die miere
Wat hiermee verband hou, is dat daar net een manier is om gebrek in ’n mens se lewe te voorkom.  Dit is deur harde en eerlik werk.

Die pa gebruik die voorbeeld van die miere wat hulle kosvoorraad in die somer reg maak.  Dit is die oestyd van die boere, wanneer daar kos op die dorsvloere beskikbaar is vir die miere.  Dit is al tyd wat die miere het om dit te doen, sodat hulle kos het wanneer daar niks meer op die lande is nie.  En hulle doen dit sonder iemand wat hulle voorsê.

Dit is een van die beginsels wat Stephen Covey gebruik het in sy bekende Law of the Farm.  Jy kan nie ’n oes verwag as jy nie deeglik beplan nie, en die harde werk insit van voorbereiding, bemesting, plant, besproeiing, voeding, onkruidbestryding, beskerming teen peste ensomeer.  Geen oes is moontlik sonder die harde werk wat dit voorafgaan nie.

Die pa waarsku sy seun dus teen luiheid.  En hy moenie wag dat sy pa vir hom opdragte gee nie.  Hy moet dit van uit innerlike oortuiging doen.  Fluksheid vrywaar jou van gebrek.  Gaan gerus die volgende verwysings na oor luiheid, bv 10:26 – ’n lui mens is “soos asyn teen die tande” vir die een wat hom opdragte gee! Daar is kostelike beskrywings in 15:19; 20:4; 24:30–34 (wat soortgelyke taal gebruik as hier); 26:13–16.

6:12-15 – Onreg en bedrog laat jou ineenstort
Maar, die pa weet, ’n mens kan miskien nie lui wees nie, maar steeds probeer om op maklike maniere (easy power!) wins te maak.  Daarom waarsku hy sy seun teen onreg en bedrog.  Let op hoe hy weer oor liggaamsdele praat (soos in 4:20-27) wat nie misbruik moet word nie – , voete, vingers, hart (vers 14: “skelmstreke in sy hart beplan”).  Daardeur maak die pa sy punt, dat sulke mense nikswerd is, en self ineen sal stort.

6:16-19 – Waak teen eiegeregtigheid

Nog is het einde niet.  Want, luiheid kan vermy word, onreg kan vermy word, om dan net vas te val in eiegeregtigheid, waar God se betrokkenheid in jou lewe misken en ignoreer word.

Hier het ons een van die talle numeriese spreuke in die boek, waar ‘n lysie van dinge gemaak word wat onthou of in hierdie geval juis vermy moet word.

“Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het:  wat straal van hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes (hart)wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ’n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.”

Let op: 1) hoe weereens op liggaamsdele gefokus word om die verkeerde gedrag te illustreer, 2) hoe hierdie dinge, die dinge wat God haat, verband hou met die wet van God, die tien gebooie en 3) hoe hier uiterlike en innerlike dinge genoem word, houdings sowel as gedrag.

Soos ek reeds vroeër gesê het, hoogmoed is natuurlik in sy wese ’n hartsaak, ’n diep oortuiging, wat in jou gedrag manifesteer omdat dit in wese opstand teen die Here is.  Daarom dat ek dit eiegeregtigheid noem.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda