Skip to main content

503 gebruikers by Bybelskool.com!

Ons het gister die 500 geregistreerde gebruikers mylpaal bereik.

Ek is diep dankbaar vir die vreugde om my lees van die Bybel met ‘n groter gehoor as die gemeente te kan deel.

Ek het ‘n bietjie gaan rondkrap in die detail wat gebruikers (20% het iets gedeel) oor hulleself op die webtuiste sê.

‘n Paar (anonieme) opmerkings:

  • Ons het geleerdes met grade wat deelneem, en mense wat doodgewoon lief is vir die Bybel en die Here.
  • Ons het lede van baie verskillende kerke in baie verskillende lande: Suid-Afrika, Australië, Nieu Seeland, Skotland, Engeland, Frankryk, Botswana, Namibië, Kenia en so kan ek aangaan.
  • In Suid-Afrika is daar iemand aan die Suidpunt van Afrika, Agulhas, tot net duskant die Limpopo, ons noordelikste deelnemer.
  • Dit is mense wat van “all walks of life” kom: onderwysers, dokters, rekenmeesters, huisvroue, mynwerkers, predikante, vertalers, terapeute, boere, professore, jongmense, gestremdes, ouer mense, werkendes, afgetredenes, enkelouers – ‘n wye verskeidenheid mense wat hulle liefde vir die Woord hier uitleef.
  • Interessant, baie skryf oor hulle kinders wat óf by hulle woon, óf reeds uit die huis is – familie lyk baie belangrik te wees vir die meeste van die gebruikers.
  • Een gebruiker sê, sy/hy is lief vir mense, ‘n ander, dis sommer net lekker om Bybel te lees.
  • Een gebruiker sê, en ek haal aan: “I am always hungry to learn more of the Lord to enable me to tell the world of his goodness, un-ending love and everlasting grace and mercy.” Sela!
  • ‘n Pensionaris sê: Ek wil “elke dag in iemand anders se lewe ‘n verskil maak.” Inderdaad!
  • Een gaan so ver om te sê dat hy/sy ‘n WP ondersteuner is – miskien wil sommige hulle status opdateer …! (Dateer jou detail hier op)
  • ‘n Afgetrede paartjie sê, hulle is só bly hulle is nog by mekaar! Dit is ‘n liefde waarna ons almal kan streef!
  • ‘n Gebruiker uit Afrika sê, hy/sy het gee selfoon ontvangs, geen TV nie, maar wel ‘n Internet konneksie – vandaar sy/haar inskakeling.

Ek voel bevoorreg om saam met julle die pad me die Bybel te stap.

Mag die Here ons almal dieper raak met sy Woord, sodat ons al hoe wyer Sy genade kan versprei.

Groete

Chris van Wyk


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar