503 gebruikers by Bybelskool.com!
Ons het gister die 500 geregistreerde gebruikers mylpaal bereik.
Ek is diep dankbaar vir die vreugde om my lees van die Bybel met ‘n groter gehoor as die gemeente te kan deel.
Ek het ‘n bietjie gaan rondkrap in die detail wat gebruikers (20% het iets gedeel) oor hulleself op die webtuiste sê.
‘n Paar (anonieme) opmerkings:
- Ons het geleerdes met grade wat deelneem, en mense wat doodgewoon lief is vir die Bybel en die Here.
- Ons het lede van baie verskillende kerke in baie verskillende lande: Suid-Afrika, Australië, Nieu Seeland, Skotland, Engeland, Frankryk, Botswana, Namibië, Kenia en so kan ek aangaan.
- In Suid-Afrika is daar iemand aan die Suidpunt van Afrika, Agulhas, tot net duskant die Limpopo, ons noordelikste deelnemer.
- Dit is mense wat van “all walks of life” kom: onderwysers, dokters, rekenmeesters, huisvroue, mynwerkers, predikante, vertalers, terapeute, boere, professore, jongmense, gestremdes, ouer mense, werkendes, afgetredenes, enkelouers – ‘n wye verskeidenheid mense wat hulle liefde vir die Woord hier uitleef.
- Interessant, baie skryf oor hulle kinders wat óf by hulle woon, óf reeds uit die huis is – familie lyk baie belangrik te wees vir die meeste van die gebruikers.
- Een gebruiker sê, sy/hy is lief vir mense, ‘n ander, dis sommer net lekker om Bybel te lees.
- Een gebruiker sê, en ek haal aan: “I am always hungry to learn more of the Lord to enable me to tell the world of his goodness, un-ending love and everlasting grace and mercy.” Sela!
- ‘n Pensionaris sê: Ek wil “elke dag in iemand anders se lewe ‘n verskil maak.” Inderdaad!
- Een gaan so ver om te sê dat hy/sy ‘n WP ondersteuner is – miskien wil sommige hulle status opdateer …! (Dateer jou detail hier op)
- ‘n Afgetrede paartjie sê, hulle is só bly hulle is nog by mekaar! Dit is ‘n liefde waarna ons almal kan streef!
- ‘n Gebruiker uit Afrika sê, hy/sy het gee selfoon ontvangs, geen TV nie, maar wel ‘n Internet konneksie – vandaar sy/haar inskakeling.
Ek voel bevoorreg om saam met julle die pad me die Bybel te stap.
Mag die Here ons almal dieper raak met sy Woord, sodat ons al hoe wyer Sy genade kan versprei.
Groete
Chris van Wyk
Hantie Wolmarans on Facebook
God is in beheer!
jand1664
Hallo Chris
Graag wil ek julle bedank vir die beskikbaar stelling van die inligting. Ek werk in Akjoujt in Mauritania en dis vir my n voorreg om die bybel te gebruik. Ek is 7700km van my huis af. Ek kry elke oggend voor ek gaaan werk die dagstuk en dis n vorrrreg om jou dag met die Here te begin. Ek hoop die werk wat julle doen sal net sterker word
Groete
Annalina Vlok-Smith
Dis baie interessant, Chris! Ek voel ook net so bevoorreg om gereeld jou “stem” op hierdie manier te hoor. Ook nie altyd so gereeld nie, want ons volg by ons gemeente ook ‘n spesifieke leesrooster. Joune bêre ek dan tot ‘n meer geleë oomblik. Maar mag dit van krag tot krag gaan en mag Hy altyd die middelpunt wees en hierdeur verheerlik word.
Liefdegroete
Annalina
Maolivier
Fantasties!!
Ek lees graag saam en vind jou agtergrond baie enlightening!
BAIE dankie daarvoor!!
XX tilla
Ilse Roos on Facebook
Weereens Chris:groot waardering vir jou tyd en moeite met die Bybelskool.Dit is so sinvol en leersaam en is besig om vrugte af te werp.xx
kobus bester
Dr baie dankie dat ek deel van die bybelskool kan wees
Danie
Mooi! Dit wys mens net hoe ‘n groot bydrae gestruktureerde nadenke oor die Bybel in mense se lewe maak.
Lynette van Wyk
En ons is bevoorreg dat jy vir ons voorloop!
Chris van Wyk
Baie welkom Brenda en Wicus. Julle is onderskeidelik nommer 550 en 551 op ons ingeskrewe gebruikers lys!
Rauti
Chris, goeie more. Ek is nuut by die Bybelskool. Ek wil weet hoe lank die studie oor Spreuke beskikbaar gaan bly. Ek wil dit graag deur werk. Seen groete
Chris van Wyk
Hi Rauti – Die Bybelskool materiaal sal vir die afsienbare toekoms, dws DV, beskikbaar bly by die webtuiste. Ek beplan om dit ook uit te gee in eboek formaat, selfs moontlik in gewone boek formaat, en sal ‘n e-pos stuur as dit gebeur.