Skip to main content

Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles

Een van die vreugdes van die boek Spreuke is dat elke vers eintlik ‘n preek op sy eie is.  Elke spreuk maak vir jou ‘n wêreld van gedagtes oop om te ontgin.  Die spreuke vervul daarmee dieselfde funksie as die gelykenisse van die NT, wat waarhede op ‘n pittige en stimulerende manier deel van jou lewe maak.

Ek het weereens die kernwaarheid van elke spreuk in hierdie hoofstuk probeer vasvat en opsom.  En dié waarhede is al genoeg om oor na te dink, en die Here te vertrou om daardeur met jou te praat.

Hier is my opsomming van die 28 waarhede (twee verse is amper identies) wat ek in hierdie spreuke raaksien:

  • Integriteit (opregtheid) het meer waarde as rykdom – vers 1.
  • Jy kan nie opmaak vir ‘n gebrek aan kennis met jou spoed of energie nie – vers 2.
  • Jy kan nie God blameer vir jou eie dwaasheid nie – vers 3.
  • Welvarendes het meer vriende as armes – vers 4.
  • ‘n Gebrek aan integriteit kan jou duur kos in ‘n hofsaak – vers 5,9 (amper identies).
  • Almal wil voordeel trek uit ander se mag en vrygewigheid – vers 6.
  • ‘n Arm man se vriende word beïnvloed deur sy familie se mening oor hom – vers 7.
  • Wysheid is ‘n persoonlike bate – vers 8.
  • Weelde en ‘n posisie van mag pas nie by ‘n dwaas (dom of astrante persoon) nie – vers 10.
  • Dit is verstandig om jou humeur te beteuel en vergewensgesind te wees – vers 11.
  • ‘n Koning se buie bepaal jou ervaring – vers 12.
  • ‘n Dom-astrante seun en ‘n twisgierige vrou kan ‘n man knak – vers 13.
  • ‘n Verstandige vrou is God se erfporsie aan jou – vers 14.
  • Luiheid lei tot lusteloosheid en honger – vers 15.
  • Gehoorsaamheid aan God ly tot ‘n oorvloedige lewe – vers 16.
  • Deernis met arm mense word deur God beloon – vers 17.
  • ‘n Streng opvoeding bring hoop, maar moenie oorboord gaan daarmee nie – vers 18.
  • Om ‘n opvlieënde mens te help, word baie gou ‘n konstante verantwoordelikheid – vers 19.
  • Wysheid kom deur te luister na raad – vers 20.
  • Jou planne kan nie God se besluite verander nie – vers 21.
  • Wees versigtig dat jou begeertes jou nie tot bedrog verlei nie – vers 22.
  • Ontsag vir die Here bring rus en beskerming – vers 23.
  • Luiheid lei tot lyding – vers 24.
  • Sterk optrede (klap) teen ‘n respeklose mens (ligsinnige) is ‘n les vir onervarenes sowel as verstandiges – vers 25.
  • Mishandeling en verstoting van jou ouers is skaamteloos en veragtelik – vers 26.
  • Luister na raad word net ‘n bate as jy iets positiefs daarmee doen – vers 27.
  • Kwaadwillige getuies dwarsboom die reg – vers 28.
  • Respeklose mense verdien straf en slae – vers 29.

Dit is egter ook vir my belangrik om die onderlinge verbande tussen die verse te probeer raaksien en onder woorde te bring.

Let op hoe sommige spreuke wat langs mekaar staan verband hou:

  • Vers 2-3 praat oor die gevolge van ‘n gebrek aan kennis, en dat ‘n mens dan geneig is om die Here die skuld daarvoor te gee.

Ander spreuke wat met mekaar verband hou is verspreid deur die hoofstuk:

  • Vers 1,5,9 beklemtoon dat integriteit noodsaaklik is in jou persoonlike lewe sowel as in die regspraak.
  • Vers 4,7 gaan oor vriendskap en die effek wat armoede sowel as jou familie daarop het.
  • Vers 20,27 lê weer klem op die deurslaggewende belang van luister na raad.

Kyk ook na die interessante en wisselende perspektiewe oor die relatiewe effek van rykdom en armoede op vriendskap het en die allesbepalende rol wat integriteit speel.  Kortliks opgesom:

  • Integriteit is belangriker as rykdom (vers 1).  Welvaart is dus nie só belangrik nie.  Welvarendes het egter weer meer vriende as armes (vers 4).  Welvaart is dus wel belangrik.  Maar, dan weer, welvaart is nie sonder sy probleme nie, want almal wil voordeel trek uit jou mag en welvaart (vers 6).  Dit word onderstreep deur die feit dat arm mense se vriende maklik beïnvloed word deur hoe die families oor die arm mense voel (vers 7).  Maar, steeds staan soos ‘n paal bo water, integriteit is bo alles belangrik (vers 5,9).  Welvaart het dus sy beperkinge.  Dit sien ‘n mens veral wanneer ‘n dwaas weelde ervaar of in ‘n posisie van mag kom (vers 10).  Wat welvarendes moet onthou, is om altyd die armes te onthou en hulle met deernis te hanteer.  God sal hulle beloon (vers 17).  Dan word welvaart met integriteit geniet en gebruik!

Integriteit is dus eintlik die goue draad wat regdeur die hoofstuk loop, want nie net bepaal integriteit  watter effek jou relatiewe welvaart op jouself en jou verhouding met ander het nie, maar dit bepaal ook hoe jy in regsake gaan optree (vers 5,9), en binne die gesin (vers 13,14,18,26), asook in die publiek (vers 11,12,25).

Kortom, hierdie hoofstuk sê: Integriteit in alles!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda