Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles
Ek het weereens die kernwaarheid van elke spreuk in hierdie hoofstuk probeer vasvat en opsom. En dié waarhede is al genoeg om oor na te dink, en die Here te vertrou om daardeur met jou te praat.
Hier is my opsomming van die 28 waarhede (twee verse is amper identies) wat ek in hierdie spreuke raaksien:
- Integriteit (opregtheid) het meer waarde as rykdom – vers 1.
- Jy kan nie opmaak vir ‘n gebrek aan kennis met jou spoed of energie nie – vers 2.
- Jy kan nie God blameer vir jou eie dwaasheid nie – vers 3.
- Welvarendes het meer vriende as armes – vers 4.
- ‘n Gebrek aan integriteit kan jou duur kos in ‘n hofsaak – vers 5,9 (amper identies).
- Almal wil voordeel trek uit ander se mag en vrygewigheid – vers 6.
- ‘n Arm man se vriende word beïnvloed deur sy familie se mening oor hom – vers 7.
- Wysheid is ‘n persoonlike bate – vers 8.
- Weelde en ‘n posisie van mag pas nie by ‘n dwaas (dom of astrante persoon) nie – vers 10.
- Dit is verstandig om jou humeur te beteuel en vergewensgesind te wees – vers 11.
- ‘n Koning se buie bepaal jou ervaring – vers 12.
- ‘n Dom-astrante seun en ‘n twisgierige vrou kan ‘n man knak – vers 13.
- ‘n Verstandige vrou is God se erfporsie aan jou – vers 14.
- Luiheid lei tot lusteloosheid en honger – vers 15.
- Gehoorsaamheid aan God ly tot ‘n oorvloedige lewe – vers 16.
- Deernis met arm mense word deur God beloon – vers 17.
- ‘n Streng opvoeding bring hoop, maar moenie oorboord gaan daarmee nie – vers 18.
- Om ‘n opvlieënde mens te help, word baie gou ‘n konstante verantwoordelikheid – vers 19.
- Wysheid kom deur te luister na raad – vers 20.
- Jou planne kan nie God se besluite verander nie – vers 21.
- Wees versigtig dat jou begeertes jou nie tot bedrog verlei nie – vers 22.
- Ontsag vir die Here bring rus en beskerming – vers 23.
- Luiheid lei tot lyding – vers 24.
- Sterk optrede (klap) teen ‘n respeklose mens (ligsinnige) is ‘n les vir onervarenes sowel as verstandiges – vers 25.
- Mishandeling en verstoting van jou ouers is skaamteloos en veragtelik – vers 26.
- Luister na raad word net ‘n bate as jy iets positiefs daarmee doen – vers 27.
- Kwaadwillige getuies dwarsboom die reg – vers 28.
- Respeklose mense verdien straf en slae – vers 29.
Dit is egter ook vir my belangrik om die onderlinge verbande tussen die verse te probeer raaksien en onder woorde te bring.
Let op hoe sommige spreuke wat langs mekaar staan verband hou:
- Vers 2-3 praat oor die gevolge van ‘n gebrek aan kennis, en dat ‘n mens dan geneig is om die Here die skuld daarvoor te gee.
Ander spreuke wat met mekaar verband hou is verspreid deur die hoofstuk:
- Vers 1,5,9 beklemtoon dat integriteit noodsaaklik is in jou persoonlike lewe sowel as in die regspraak.
- Vers 4,7 gaan oor vriendskap en die effek wat armoede sowel as jou familie daarop het.
- Vers 20,27 lê weer klem op die deurslaggewende belang van luister na raad.
Kyk ook na die interessante en wisselende perspektiewe oor die relatiewe effek van rykdom en armoede op vriendskap het en die allesbepalende rol wat integriteit speel. Kortliks opgesom:
- Integriteit is belangriker as rykdom (vers 1). Welvaart is dus nie só belangrik nie. Welvarendes het egter weer meer vriende as armes (vers 4). Welvaart is dus wel belangrik. Maar, dan weer, welvaart is nie sonder sy probleme nie, want almal wil voordeel trek uit jou mag en welvaart (vers 6). Dit word onderstreep deur die feit dat arm mense se vriende maklik beïnvloed word deur hoe die families oor die arm mense voel (vers 7). Maar, steeds staan soos ‘n paal bo water, integriteit is bo alles belangrik (vers 5,9). Welvaart het dus sy beperkinge. Dit sien ‘n mens veral wanneer ‘n dwaas weelde ervaar of in ‘n posisie van mag kom (vers 10). Wat welvarendes moet onthou, is om altyd die armes te onthou en hulle met deernis te hanteer. God sal hulle beloon (vers 17). Dan word welvaart met integriteit geniet en gebruik!
Integriteit is dus eintlik die goue draad wat regdeur die hoofstuk loop, want nie net bepaal integriteit watter effek jou relatiewe welvaart op jouself en jou verhouding met ander het nie, maar dit bepaal ook hoe jy in regsake gaan optree (vers 5,9), en binne die gesin (vers 13,14,18,26), asook in die publiek (vers 11,12,25).
Kortom, hierdie hoofstuk sê: Integriteit in alles!
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - Jul 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - Jul 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - Jul 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - Jul 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - Jul 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - Jul 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - Aug 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - Aug 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - Aug 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - Aug 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - Aug 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - Aug 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - Aug 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - Aug 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - Aug 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - Aug 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - Aug 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - Aug 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - Aug 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - Aug 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - Aug 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - Aug 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - Aug 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - Aug 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - Aug 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - Aug 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - Aug 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - Aug 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - Aug 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - Sep 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - Sep 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - Sep 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - Sep 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - Sep 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - Sep 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - Oct 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - Jun 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - Apr 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - Dec 13, 2022
Anzi Pieterse
Ek stem nie hiermee saam nie;
“Vers 6 wys duidelik dat die water na die natuurlike geboorte verwys. Die grootdoop is dus nie as sodanig belangrik nie, wel die wedergeboorte”
Eva het kinders gebaar lank voor Jesus gebore is, en daardie kinders is ook uit water met geboorte gebore.
Jesus was ook uit water met geboorte gebore toe Maria geboorte geskenk het.
Jesus is op 31jaar deur Johannes die doper groot gedoop.
Babas word uit sonde gebore en hulle kan nie besluit watter pad hulle dan al wil loop nie.
Dit is hoekom sommige babas ontaard in groot word tye in sataniste, moordenaars, diewe, ens…
Eers wanneer ñ persoon volwasse is in jou geloof en besluit het wie om te dien – die wêreld of God, kan hy sy sondes bely en weer gebore word deur gedoop te word.
Wanneer jy groot gedoop word, word jou asem opgehou wanneer jy in die water gedompel word. Op daardie tydstip wat jy nie asem haal nie is jy (simbolies) dood en wanneer jy weer uithys uit die water snak jy na asem wat weer verwys na die nuwe asem, weer gebore in die nuwe lewe in Jesus Christus.
Hierna moet jy net op die regte pad bly en God se Wet en gebooie inderhou.