Skip to main content

Die spreuke van Salomo – II

Die tweede bundel van spreuke van Salomo  is lank ná sy tyd versamel en geredigeer deur koning Hiskia (716-687 vC) se amptenare, ongeveer 2 eeue na Salomo in die 8ste eeu vC.  Die woord vir opgeteken in 25:1, kan ook met georden vertaal word, wat waarskynlik beteken dat ‘n klomp losstaande spreuke wat aan Salomo toegeskryf is in rubrieke of volgens onderwerpe ingedeel is.

Jy kan meer lees oor hom in my bydrae oor sy verhaal in Konings: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom.  Daar is nog meer oor Hiskia te lees in my hantering van sy geskiedenis soos ‘n mens dit deur die bril van die profeet Jesaja sien.  Want hierdie spreuke is in die tyd van die profeet Jesaja versamel, in die tyd wat Jesaja skroeiende kritiek op die volk en hulle konings gelewer het .  Lees wat ek daaroor te sê het in my 5 bydraes oor Hiskia se geskiedenis in my Bybelskool oor Jesaja:

Wat veral interessant is, is dat Hiskia eintlik ’n wonderlike koning was wat vir lank gedoen het wat die Here wou hê, ’n wonderlike gebedslewe gehad het, die volk goed gelei het, maar tog nie so ’n goeie einde gehad het nie.  Hy word later in sy lewe gekelder deur ’n gebrek aan wysheid en onderskeiding in sy buitelandse betrekkinge, wat tot sy ondergang lei.  En sy seun Manasse was regtig ’n besondere swak koning … die spreuke het dus nie volledig deel van sy lewe geword nie.

Dit leer my dat ’n mens nodig het om dié spreuke regtig prakties deel van jou lewe te maak, en met oorgawe en enduit na te volg … anders kan dit jou suur bekom en is die gevolge daarvan baie destruktief.

Hierdie bundel werk veral met twee tipes spreuke:

  • komplementerende ooreenstemmings wat dieselfde gedagte versterk (“Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.” – 25:11),
  • en aanvullende sinteses waar die tweede stelling die eerste stelling aanvul, uitbou of afrond (“Miswolke en wind, maar geen reën nie, so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie” – 25:14);
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar