Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel
6:20-23 – Ons raad is die lig op pad na die lewe toe
Let op hoe die familie as konteks vir die voorskrif van die pa geskilder word. Die seun moet luister na sy moeder se raad. En die gevolge van sy gehoorsaamheid word eers in positiewe terme uitgespel. Sy ouers se voorskrifte is ‘n lig op die pad na die lewe toe.
6:24-26 – Owerspel is nie speletjies nie
Die pa gesels nou baie oop en eerlik met sy seun oor wat die pa as ’n potensieel baie plofbare probleem vir sy seun beskou. Owerspel is nie speletjies nie! Dit kan jou lewe kos. Let op hoe owerspel (met ’n ander man se vrou) deur die pa as ’n baie ernstiger probleem as prostitusie geskilder word, hoewel dit ook steeds afgewys word.
Die pa spel dan vier moontlike gevolge van owerspel uit: straf, armoede, verwerping en die dood.
- 6:27-29 – Jy kan gestraf word as jy met ‘n ander man se vrou lol – Met treffende beelde word die problematiek van owerspel geskets. Jy sal jou voete verbrand as jy met haar lol, asof jy op die kole probeer loop. Dit kan lei tot ‘n straf deur die gemeenskap waarvan hy nie vry sal kom nie.
- 6:30-31 – Owerspel kan jou alles kos wat jy besit – Dit kan jou alles kos wat jy besit, omdat jy metafories as ‘n dief gereken sal word.
- 6:32-33 – Die skande kan jou lewe in die gemeenskap verwoes – Die skande in die gemeenskap kan jou lewe verwoes. Jy sal verwerp word deur almal wat die regte pad wil loop.
- 6:34-35 – Owerspel kan jou jou lewe kos – Die woede van die vrou se man kan jou jou lewe kos.
7:1-5 – Maak wysheid jou metgesel
Weerstand teen versoeking kom wanneer wysheid jou metgesel is, wanneer insig jou gedagtes volmaak, wanneer opvoeding deel van jou lewe geraak het. Let op hoe hy van wysheid as sy suster praat, wat ook beminde kan beteken, soos dit in Hooglied gebruik word (vgl my bydrae daaroor).
Die opvoeding van jou ouers en ander rolmodelle moet van ‘n eksterne voorskrif in ‘n interne oortuiging verander wat nie net vir jou ‘n morele kompas verskaf nie, maar die integriteit van jou gedrag bepaal.
Die geveg teen immoraliteit word nie in die hitte van die stryd gewen nie, maar in die toegewyde voorbereiding vooraf.
7:6-23 – Pasop veral vir verleiding wat in ‘n geestelike konteks geplaas word
Let op hoe die vrou haar verleiding in ‘n geestelike konteks plaas. Sy het so pas offers gebring, haar geloftes betaal. Haar saak is dus reg met God. Die owerspel is soos ‘n eerste oortreding. Dié pad is egter die pad van die dood, al is die man nie tuis nie.
7:24-27 – Sy laat selfs sterk manne ondergaan
By haar is jy op pad na jou dood toe. Sy laat selfs sterk manne ondergaan. Moet jou nie dus nie met só ‘n vrou ophou nie, en haar pad loop nie.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022
Tilla
Vers 27 is so ‘n kostelike vraag in verband met owerspel: Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak?
Die rol van die Pa en Ma se opvoeding is ook hier so deurslaggewend: mens hoop net dat ouers die regte benadering tot verhoudings aan kinders voorhou, want soveel buite-egtelike verhoudings word gerasionaliseer tot aanvaarbaar, so waar gaan dit dan eindig?
Chris van Wyk
Ja, en koppel Spreuke se waarskuwings aan die verheerliking van ‘n eksklusiewe verhouding tussen een man en een vrou in Hooglied, dan gee Hooglied die positiewe motivering vir getrouheid aan jou maat, en kan jy die slaggat van ‘n verkeerde verhouding, waarteen Spreuke waarsku, vermy.