Skip to main content

Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel

Hierdie waarskuwing teen die slegte (vreemde) vrou is die derde en langste waarskuwing in die boek Spreuke (vgl die vorige twee: 2:16-19; 5:3-23).

6:20-23 – Ons raad is die lig op pad na die lewe toe

Let op hoe die familie as konteks vir die voorskrif van die pa geskilder word.  Die seun moet luister na sy moeder se raad.  En die gevolge van sy gehoorsaamheid word eers in positiewe terme uitgespel.  Sy ouers se voorskrifte is ‘n lig op die pad na die lewe toe.

6:24-26 – Owerspel is nie speletjies nie

Die pa gesels nou baie oop en eerlik met sy seun oor wat die pa as ’n potensieel baie plofbare probleem vir sy seun beskou.  Owerspel is nie speletjies nie!  Dit kan jou lewe kos.  Let op hoe owerspel (met ’n ander man se vrou) deur die pa as ’n baie ernstiger probleem as prostitusie geskilder word, hoewel dit ook steeds afgewys word.

Die pa spel dan vier moontlike gevolge van owerspel uit: straf, armoede, verwerping en die dood.

  • 6:27-29 – Jy kan gestraf word as jy met ‘n ander man se vrou lol – Met treffende beelde word die problematiek van owerspel geskets.  Jy sal jou voete verbrand as jy met haar lol, asof jy op die kole probeer loop.  Dit kan lei tot ‘n straf deur die gemeenskap waarvan hy  nie vry sal kom nie.
  • 6:30-31 – Owerspel kan jou alles kos wat jy besit – Dit kan jou alles kos wat jy besit, omdat jy metafories as ‘n dief gereken sal word.
  • 6:32-33 – Die skande kan jou lewe in die gemeenskap verwoes – Die skande in die gemeenskap kan jou lewe verwoes.  Jy sal verwerp word deur almal wat die regte pad wil loop.
  • 6:34-35 – Owerspel kan jou jou lewe kos – Die woede van die vrou se man kan jou jou lewe kos.

7:1-5 – Maak wysheid jou metgesel

Weerstand teen versoeking kom wanneer wysheid jou metgesel is, wanneer insig jou gedagtes volmaak, wanneer opvoeding deel van jou lewe geraak het.  Let op hoe hy van wysheid as sy suster praat, wat ook beminde kan beteken, soos dit in Hooglied gebruik word (vgl my bydrae daaroor).

Die opvoeding van jou ouers en ander rolmodelle moet van ‘n eksterne voorskrif in ‘n interne oortuiging verander wat nie net vir jou ‘n morele kompas verskaf nie, maar die integriteit van jou gedrag bepaal.

Die geveg teen immoraliteit word nie in die hitte van die stryd gewen nie, maar in die toegewyde voorbereiding vooraf.

7:6-23 – Pasop veral vir verleiding wat in ‘n geestelike konteks geplaas word

Let op hoe die vrou haar verleiding in ‘n geestelike konteks plaas.  Sy het so pas offers gebring, haar geloftes betaal.  Haar saak is dus reg met God. Die owerspel is soos ‘n eerste oortreding.  Dié pad is egter die pad van die dood, al is die man nie tuis nie.

7:24-27 – Sy laat selfs sterk manne ondergaan

By haar is jy op pad na jou dood toe.  Sy laat selfs sterk manne ondergaan.  Moet jou nie dus nie met só ‘n vrou ophou nie, en haar pad loop nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…