Tien lewenslesse uit Spreuke

Ek is besig om deur ‘n klomp notas te werk vir ‘n boek wat ek skryf. Ek kom toe af op hierdie 10 “lewenslesse” wat die pa in Spreuke as onderrig vir sy seun gee:
  1. Luister na jou ouers – Spreuke 1:8-19
  2. Soek wysheid met gespitse ore – Spreuke 2:1-22
  3. Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12
  4. Leer uit die voorbeelde van ryk en vol lewens – Spreuke 3:13-35
  5. Neem jou ouers se opvoeding voortdurend ter harte – Spreuke 4:1-9
  6. Kies die pad van wysheid – Spreuke 4:10-19
  7. Hou koers deur veral met jou hart versigtig om te gaan – Spreuke 4:20-27
  8. Bly weg van hartelose verhoudings en leef met oorleg – Spreuke 5:1-6:19
  9. Pasop vir owerspel – Spreuke 6:20-35
  10. Pasop vir prostitusie – Spreuke 7:1-27
Daarmee onderstreep die pa die verskil tussen die gedrag van goddeloses en godvresendes. Hulle word onderskei veral in:
  1. Die soeke na welvaart (korrupsie vs eerlike harde werkeasy money – iets waaroor die Prediker ook uitvoerig uitwy en wat natuurlik baie keer met die misbruik van mag gepaard gaan – easy power).
  2. Die soeke na gemeenskap (ontrouheid vs getrouheideasy sex – ‘n sleutel aspek ook van Hooglied se wysheid).

Dié raad is vandag nog net so geldig as wat dit eeue gelede was.

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

    • Rom 12:2 sê in sy geheel: “Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (OAV).

      Daar is drie opdragte in die teks.

      1. Die eerste opdrag is om nie aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie. Dit verwys terug na die gedrag wat die eerste vers beveel dat ons hele lewe as ‘n offer aan die Here geleef moet word. God moet ons gedrag en gebruike bepaal, nie die media of die gemeenskap nie. Hy bepaal die norme en waardes waarvolgens ons moet leef.
      2. Die tweede opdrag is om God toe te laat om jou gedagtes, jou manier van dink, te vernuwe deur die waarheid van die Skrif. Dit het met houdings, gesindhede en denkpatrone te make. Hoe meer ‘n mens die Skrif lees, daaroor nadink, dit toelaat om jou gedagtes te vorm, hoe meer kan God deur sy Gees jou binnewêreld verander en vernuwe.
      3. Die derde opdrag is om te onderskei tussen verskillende idees van wat reg en verkeerd is, sodat jy in staat sal wees om moreel-eties reg op te tree in lyn met die wil van God in die Skrif. Daarvoor moet ‘n mens die Skrif gebruik, want dit is die enigste standaard van wat goed en volmaak in lyn met God se wil is.

      Lees ook meer hieroor in Efesiërs 4:17-32 wat eintlik ‘n kommentaar op hierdie vers in Romeine 12:2 is. Paulus waarsku daar teen losbandige en gierige begeertes. Dit is die tipe dinge wat afgelê moet word. En die manier om dit reg te kry, is om in gehoorsaamheid aan Christus te leef in heiligheid en volgens sy waarheid.

      • Ons moet dus ophou met leuens, woede, steel, vuil taal, geskinder, bitterheid, bose gedagtes en kwaadpraat.
      • Ons moet daarenteen fokus op waarheid praat, vrede maak, goed doen, deel met mekaar, net goedpraat oor mekaar, barmhartig wees, en vergewendgesind.

      ‘n Mens kan ook verder lees in Efesiërs 5:1-21 wat nog dieper ingaan op die moreel-etiese standaard wat ons al hoe meer moet toelaat in ons lewe.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: